0/14 ZWARRIE SAGTEBALSPAN – GAUTENG-NOORD KAMPIOENE

Die 0/14 Sagtebalspan van Hoërskool Zwartkop het na hulle oorwinning op Saterdag 14 Oktober 2017 met ʼn telling van 10-3, teen Afrikaans Hoër Meisies, weggestap met die Gauteng-Noord trofee as 0/14 Sagtebal wenners. Daar is ongelukkig nie verdere uitspele vir die 0/14-liga nie, maar wel eers weer op 0/15-vlak. Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie jong spannetjie se deursettingsvermoë en toegewydheid om die hoogste sport met 0/14-Sagtebal te kon bereik.

FOTO-UITLEG: Lisa De Klerk; Carla Du Plessis; Larissa J v Vuuren; Me.Cornea Eksteen (Afrigter); Me. Daniélle Du Plooy (Hulpafrigter); Lianka J v Vuuren (kaptein); Daniel Jansen en Marnel Piekhaar / Marné Snyman; Leandi Conradie; Juané Grobler en Danje Coetzee.