14A-RUGBYSPAN SPEEL IN FINAAL VAN VIRSEKER BEKER

Die 0/14A-Rugbyspan van Hoërskool Zwartkop het vanjaar skitterende rugby gespeel. Hulle slaag daarin om in die kwartfinaal van die VirsekerBeker Noordvaal kompetisie teen Hoërskool Rustenburg  af te reken met ʼn telling van 12-10 .  Daarna speel hulle in die semifinaal teen Hoërskool Nelspruit en wen met ʼn teling van 24-3. Hulle speel te Nelspruit teen Hoërskool Menlopark in die VirsekerBeker Noordvaal eindstryd en kon ongelukkig nie die knoop deurhaak nie.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie spannetjie en hulle afrigters wat tot die finaal deurgedring het.  Hulle trotse afrigters is mnre. Douw Pretorius en Jacques Horne en mnr. Werner Jordaan wat as kondisioneringsafrigter hul as bygestaan het.  Hierdie is ʼn jong Zwarrie spannetjie om dop te hou.