30+ EERSTESPAN NETBALWEDSTRYDE VIR DIE ZWARRIES

Hierdie ses dogters het hul toekenning ontvang vir die speel van 30 of meer netbalwedstryde in die skool se Eerstenetbalspan. Die Eerstespan het ook die afgelope naweek aan die SASN-kampioenskappe (SASN: SA Schools Netball) te Boksburg deelgeneem en algeheel in die 7de posisie geëindig. Hierdie is ʼn merkwaardige prestasie vir ʼn baie jong Eerstespan. Hoërskool Zwartkop se 0/14A-Netbalspan het ook tydens die kampioenskappe in die 7de posisie geëindig.

FOTO-UITLEG: Me. Chrisna van Zyl; Simoné van Reenen; Danellé Pretorius; Amor Armstrong; Mecaélla Jansen van Vuuren; Jana Coetzer; Chrisna Steenkamp en Me. Jonelle Rossouw.