REECE VAN WYK –  SWEMPRESTASIES

REECE VAN WYK -  SWEMPRESTASIES

Reece van Wyk (gr.9) het gedurende April maand ʼn magdom medaljes losgeswem.

  • By die Suid-Afrikaanse Streeks Kampioenskappe (Ekurhuleni) Vlak 2, palm hy verskeie medaljes in:
  1. 200 m Vryslag -  Goud
  2. 100 m Vryslag -  Silwer
  3. 4 x 50 m Vryslag-aflos -  Goud
  4. 4 x 100 m Vryslag-aflos -  Goud
  • Hy neem gedurende April maand ook in die Boland op Nasionale vlak aan ‘n Tweekamp kompetisie (Biathlon) deel en behaal ʼn algehele 7de plek. 
  • Reece is op 15-jarige ouderdom reeds ʼn swemmer van formaat.  Die Zwarries is baie trots op hom.