Vakke

Besigheidstudie
Dansstudies
Dramatiese kunste
EBW
Ekonomie
Fisiese Wetenskap
Gasvryheidstudies
Geografie
Ingenieursgrafika en –Ontwerp
Inligting tegnologie
Kuns en Kultuur
Lewensoriëntering (LO)

Lewenswetenskap
Meganiese Tegnologie
Musiek
Ontwerp kuns
Rekenaarstoepassingstegnologie
Rekeningkunde
Rugby Akademie
Siviele Tegnologie
Sport Oriëntering
Tegno-Akademies
Toerisme
Visuele kuns
Wiskunde
Wiskundige Geletterdheid


Besigheidstudie

VERKORTE SILLABUSINHOUD VAN BESIGHEIDSTUDIE:

  • Besigheid en omgewingsfaktore.Ontleed die impak van veranderende en uitdagende omgewings op sakepraktyk in alle sektore.
  • Besigheidsgeleenthede.Identifiseer lewensvatbare sakegeleenthede en verken hierdie geleenthede en verwante vraagstukke deur die skepping van haalbare sakeondernemings.
  • Besigheidsrolle. Aktuele kennis en vaardighede word toegepas om 'n verskeidenheid sake-/besigheidsrolle te vervul.
  • Besigheidsfunksies. 'n Verskeidenheid bestuurs- en gespesialiseerde kennis en vaardighede word toegepas om sakebedrywighede/ ondernemingsfunksies suksesvol uit te voer.

BEROEPSMOONTLIKHEDE:
Hierdie vak is praktykgerig en berei elke leerling voor om eendag 'n suksesvolle entrepreneur en sakeman te wees. Dit kyk na alle aspekte van  besigheidsbestuur. Besigheidstudie bied 'n goeie basis vir leerders wat in enige ekonomiese rigting wil verder studeer.

Terug na bo


Dans

DANS AS KEUSEVAK

Sedert 2003 word DANS, as keusevak, baie suksesvol aangebied by Hoërskool Zwartkop vir graad 8 tot 12 leerders

Oudisies: Gedurende Oktober vind daar oudisies plaas. Hierdie oudisie is verpligtend vir alle leerlinge wat die vak wil neem. Enige leerling (seun of dogter) wat die volgende jaar in graad 8 gaan wees, is welkom om die oudisies by te woon.

Spesiale vereistes: Let daarop dat 'n addisionele fooi maandeliks betaalbaar is aan die Hoërskool Zwartkop.

Die dansklasse bestaan uit vyf periodes per week gedurende normale skoolure en een periodes per week direk na skool.

Tydens hierdie periodes word die volgende behandel:
Teorie:

  • Dans-anatomie.
  • Dansgeskiedenis.
  • Gesondheidsorg van 'n danser.
  • Verhoog: Beplanning vir en van 'n toer, Verhooggrimering en kostumering.
  • Musiekkennis met betrekking tot dans.

Terug na bo


Dramatiese kunste

TOELATINGSVEREISTES: Geen spesifieke vereistes nie, maar klasgetalle bepaal dat elke leerder opdragte funksioneel kan uitvoer. Dit sal ’n sterk aanbeveling wees indien die leerder hierdie as ’n verrykingsvak in Gr. 8 en 9 geneem het. Streng keuring deur middel van oudisies vir gr. 8 en gr. 10-leerders vind plaas.

VAKINHOUD:

·       Gr. 10 tot 12 volg die Departementele sillabus.

·       Drama leerders neem jaarliks in groepe aan verskeie kunswedstryde deel.

·       Leerders kry die geleentheid om aan aktiwiteite by die skool deel te neem wat     optredes insluit.

·       Praktiese eksamens word afgelê.

BEROEPSMOONTLIKHEDE:

Vermaakbedryf bv. televisiewerk, dramabedryf, filmbedryf, teater, onderwys en vele meer. 

Terug na bo


Ekonomiese- en Bestuurswetenskap

HOEKOM HIERDIE VAK KIES?

In ons land is daar tans min werksgeleenthede. Dit maak dit noodsaaklik vir leerders om hulle entrepreneursvaardighede te verbeter. Besigheidstudie is 'n verlenging van entrepreneurskap. In Gr 8 en 9 neem leerders EBW (Ekonomiese en bestuurswetenskappe) wat vanuit entrepreneurskapsoogpunt aangebied word.EBW word in twee vakdissiplines verdeel nl.Besigheidstudie en Rekeningkunde. In graad 10 tot 12 is Besigheidstudie en Rekeningkunde 'n keusevak.
Besigheidstudie is 'n wetenskap wat hom besig hou met die bestudering van die vraag hoe die private onderneming die beste gelei of bestuur kan word sodat die onderneming so doelmatig moontlik kan funksioneer en sy doelwitte so goed moontlik kan bereik.

VERKORTE SILLABUSINHOUD VAN EBW:

  • Die ekonomiese siklus.
  • Volhoubare groei en ontwikkeling.
  • Bestuurs-. Verbruikers- en finansiële kennis en vaardighede.
  • Entrepreneurskennis en -vaardighede.
  • Kontanttransaksies van 'n diens- en handelsonderneming

Terug na bo


Ekonomie

Sal die mens ooit tevrede wees? Materiële welvaart styg aanhoudend soos wat die media ons as verbruikers gewoond maak aan meer uitdagende, gemaklike en luukser lewensstyle. Sal die alledaagse ooit genoeg wees?

Dit bring ‘n mens by die hoofrede vir die ekonomie: hoe bevredig ons ‘n konstante, onbeperkte hoeveelheid behoeftes van mense regoor die wêreld? Die antwoord is tog eenvoudig, produseer meer goedere en dienste. Maar wat as die bronne benodig vir die vervaardiging van goedere en dienste skaars raak …

Die vakgebied ekonomie stel die leerder in staat om met die nodige kennis, vaardighede, waardes en houdings ‘n waardevolle en verantwoordelike deelnemer te word in die plaaslike- sowel as internasionale ekonomiese leefwêreld. Die leerder sal sy/haar rol beter verstaan as verbruiker en hoe die regering, produsent asook buiteland ‘n invloed op sy/haar aankope van goedere en dienste uitoefen.

Ekonomie is ‘n denkende vak wat leerders uitdaag om oplossings te vind vir ekonomiese vraagstukke soos die werkloosheidsprobleem, oorbevolking, wisselkoerse, rentekoerse, inflasie, armoede, stakings, verstedeliking ens. Die internet, koerante, tydskrifte en televisie word as mediums gebruik vir navorsing om agtergrondinligting te verkry, krities te evalueer en denke te stimuleer.

Doelstellings van hierdie vakgebied:
- Verkryging van ‘n uitgebreide ekonomiese woordeskat wat leerders in staat stel om met verskeie teikengroepe te debateer en kommunikeer.
- Die eksplorering van metodes en strategieë om die mark te verstaan en te analiseer.
- Ontwikkeling van ‘n beter begrip in terme van menseregte, die skepping en bestuur van rykdom, armoedeverligting ens.
- Die invloed en impak van die plaaslike sowel as internasionale ekonomie in terme van bv. vraag en aanbod, wisselkoerse ens.
- Die impak van die geld- en bankwese in die ekonomie bv. Suid-Afrikaanse Reserwebank.

Inligting is egter waardeloos as dit nie toepaslik gebruik kan word nie. Hoe kan ekonomie die leerder in die beroepswêreld ondersteun? ‘n Uitgebreide kennis van die vakgebied kan die leerder inspireer om van die volgende loopbane te oorweeg:
- Bankwese bv. bankiers, analiste, finansiers.
- Vervaardiging bv. marknavorsers, aankoopbestuurders.
- Internasionale handel bv. invoerders en uitvoerders.
- Vermaak- en ontspanning bv. toerisme, spyseniering.
- Entrepreneur – vir die skepping en verskaffing van werksgeleenthede.

Ekonomie word op skoolvlak vanaf graad 10 tot 12 aangebied. Kontak gerus die Ekonomiese- en Bestuurswetenskapdepartement vir enige verdere inligting.

Terug na bo


Fisiese Wetenskap

TOELATINGSVEREISTES

Vanaf graad 10 tot graad 12 is Fisiese Wetenskap ‘n keusevak. Fisiese Wetenskap is ‘n verpligte vak in die Tegno-akademiese studierigting.

DOELSTELLINGS VAN DIE VAK
Die leerders se vermoë om logies te redeneer, verbande in te sien en gevolgtrekkings te maak, word ontwikkel. Eksperimentele werk geniet ‘n hoë prioriteit en leerders word aangemoedig om self te doen en te ontdek.

SILLABUSINHOUD
Fisika en chemie.

VAKVERWANTE AKTIWITEITE
Wetenskapolimpiade, Brugboukompetisie, Mintekvasvrae en Ekspo vir jong wetenskaplikes, Centurion-interskole vasvraekompetisie asook ander opvoedkundige uitstappies.

BEROEPSMOONTLIKHEDE
Ingenieurswese, geneeskunde, tandheelkunde, veeartsenykunde, landbouweten-skappe, arbeids- en fisioterapie. Dit word ook sterk aanbeveel vir verskeie ander beroepe.

Terug na bo


Gasvryheidstudies

Gasvryheidstudie

Hoërskool Zwartkop het ʼn unieke en enig in sy soort restaurant , Point de Vue.  Gasvryheidstudie is die studie van verskeie interafhanklike temas, soos bv. higiëne, voedselproduksie, voedsel-en drankvoorbediening en kliënte diens.  Leerders sal leer om  ʼn verskeidenheid van disse voor te berei en te bedien vir ʼn verskeidenheid van funksies.

BENADERINGSWYSES:  Leerders word vakkundig toegerus met teoretiese kennis en praktiese vaardighede wat hulle in staat stel om suksesvol in die gasvryheidsbedryf te wees.

SPESIALE VEREISTES:  Hoewel daar geen spesifieke vereistes is nie, word klasgetalle so bepaal dat elke leerder opdragte funksioneel kan uitvoer.  Addisionele fooi vir praktiese aktiwiteite word jaarliks gehef.

Uniforms vir gasvryheidstudie gr. 10 – 12

Sjefsbaadjie, -broek, halwe wit voorskoot en beskermde tekkies  vir voedselvoorbereiding. 

Sjefsdrag kan vanaf Januarie tot einde Februarie by vakpersoneel bestel word.

Kelnerdrag, bestaande uit ʼn wit langmou skoolhemp, strikdas, skoolskoene en ʼn swart lang broek vir die seuns en ʼn swart knie lengte romp met sykouse vir die dogters

VAKAKTIWITEITE:

Verpligte klasprakties

Verpligte restaurantfunksies .  Gr 10 – 12 leerders  lewer diens in die opleidingsrestaurant m.b.t. restaurantbestuur en beplanning, koördinering en instandhouding.  Leerders word aan die einde van graad 12 ekstern geëvalueer.

Vrywillige diensure kan opgebou word uit graadrestaurante-aande en spysenieringsfunksies by die skool.  Leerders ontvang erkenning in die vorm van dienssertifikate, kleure en ere-kleure tydens meriete aande.

Daar word jaarliks vir elke graad sjefkompetisies aangebied waar leerders met vaardighede kan spog.

Uitstappies word geskeduleer sodat leerders se fundamentele kennis oor die vak verbreed en vind soms  na skoolure plaas.

BEROEPSMOONTLIKHEDE:

Banketbestuur, voedsel- en drankbestuur,  menslike hulpbronbestuur, restaurateurs, gespesialiseerder sjefs, funksie-koördineerder en spyseniers is  maar ʼn paar van die uitdagende rigtings.

chefchef2 chef3chef4

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Geografie

HOEKOM HIERDIE VAK KIES :

  • Die vak is interessant,stimulerend en vorm raakpunte met verskeie ander vakke.
  • Verskeie vaardighede word aangeleer wat in ‘n breë veld toegepas kan word.

SILLABUSINHOUD :

  • Wisselwerking tussen die mens en sy omgewing.
  • Bevolking, verstedeliking – beplanning en probleemoplossing.
  • Ontspanning, toerisme en ekonomiese aardrykskunde.
  • Data-insamelingstegnieke, lugfotografie, kaartanalise en interpretasie.
  • Wêreldprobleme

     

     

     

     

     

     

     

    • rampe – siklone , aardbewings, vulkane
    • oorbevolking en hulpbronne
    • besoedeling en bewaring
    • armoede, werkloosheid en plakkery

BEROEPSMOONTLIKHEDE :

  • Verpligtend vir: Stads- en streeksbeplanners, Geoloog, Kartograaf, Landskapsargitek, Weerkundige, Omgewingsbewaarder, Rotsmeganikus, Vlieëniers, Hidroëloog, Argeoloog, Sterrekundige.
  • Sterk aanbeveel vir : Argitek, Bosbou, Vervoeringenieur, Grondkunde, Myningenieur, GIS-rekenaarstelsels, Landbouberoepe, Siviele ingenieur, Toergidse en agentskappe, Sport en ontspanning.

Terug na bo

 

 

 

 

 

 

 


 

Ingenieursgrafika en –Ontwerp

Hierdie vak staan sterk op driedimensionele insig en roem daarop om kreatiewe vaardighede te ontwikkel. Andere maniere van dink en dinge insien is vaardighede wat ook ontwikkel.

DOELSTELLINGS VAN DIE VAK

  • Om basiese tekenvaardighede daar te stel en te standaardiseer volgens die SABS tekenkode.
  • Om basiese tekenbegrippe en terminologie daar te stel.
  • Om beginsels van beplanning en ontwerp by die leerlinge in te skerp.
  • Om huisplanne te kan lees en verstaan.
  • Om planne wat geteken word op ‘n manier weer te gee sodat die eindproduk aan internasionale standaarde voldoen en die produk sodoende vervaardig kan word.

SILLABUSINHOUD
Graad 8 - Basiese tekenvaardighede en standarisering.
Graad 9 - Basiese tekenvaardighede en standarisering asook ‘n wyer bekendstelling van die tekenwêreld.
Graad 10 –12 - Masjientekene, Isometrie, Perspektief, Beskrywende Meetkunde, elektries,pypverbindings en boukonstruksie. Gebruik van die CAD tekenprogram.
Voorafgedrukte lêers met die hele jaar se werk word gebruik.

BEROEPSMOONTLIKHEDE
Hierdie is ‘n praktykgerigte vak vir entrepreneurs en ingenieurs ens.

VEREISTES
In die algemeen word bo-gemiddelde akademiese prestasies vereis voordat Ingeniersgrafika en -ontwerp geneem kan word – veral bo-gemiddelde punte in Wiskunde en Natuur- en Skeikunde!

Terug na bo


Inligting tegnologie

HOEKOM HIERDIE VAK KIES?

Inligtingstegnologie stel leerders in staat om die beginsels van programmering deur die gebruik van ’n programmeringstaal, programmatuur en apparatuur te verstaan. Leerders word onderrig oor die invloed van rekenaars op ons daaglikse lewe, werksgeleenthede en op gemeenskappe.

VAKAKTIWITEITE:

•    ’n Basiese kennis van rekenaars en rekenaartoepassing

•    Verskillende toepassings van die rekenaar vir effektiewe elektroniese kommunikasie

•    Kritiese analises oor die impak van rekenaartegnologie op sosiale, omgewings en politieke/etiese kwessies

•    Effektiewe probleemoplossingsontwerp, toetsing en implementering

SILLABUSINHOUD:

Algoritme Ontwerp | Loopbaangeleenthede | Rekenaarargitektuur en komponente | Tipes datastrukture | Databasis Ontwikkeling | Elektroniese Kommunikasie | Toekomsverwagtinge | Mens/rekenaarinteraksie | Inligtingsbestuur | Netwerkbeginsels | “Open source “ -ontwikkeling | Probleemformulering en – oplossing (Projekte ) | Programmering, Sosiale, ekonomiese en etiese kwessies | Sigblaaie | Stelselprogrammatuur en Webbladontwerp.

BEROEPSMOONTLIKHEDE:

Rekenaar /Sagteware Argitek, Datakommunikasie en Netwerk Spesialis, Finansiële/ Aktuariële Spesialis, Hardeware en Sagteware Tegnikus, Inligtingstelselbestuurder, IT-onderwyser of opleidingsbeampte, Programmeerder, Stelselontwikkelaar, Telekommunikasie Ingenieur.

Terug na bo


Kuns en Kultuur

 

Terug na bo


Lewensoriëntering (LO)

Die woord lewensoriëntering omvat die kern van wat hierdie leerarea poog om te bereik.  Dit gee leiding aan leerders en rus hulle toe vir ‘n suksesvolle en betekenisvolle lewe in ‘n snelveranderende lewe.

Die Lewensoriënteringleerarea staan sentraal tot die holistiese ontwikkeling van leerders.  Dit is gemoeid met leerders se sosiale, persoonlike, intellektuele, emosionele, geestelike en liggaamlike groei en met die interaktiewe verband tussen hierdie fasette.

Die doel van Lewensoriëntering in Hoërskool Zwartkop is om leerders te bemagtig om hul talente te gebruik om hul volle liggaamlike, geestelike, intellektuele, persoonlike, emosionele en sosiale potensiaal te verwesentlik.  Leerders ontwikkel in hierdie leerarea die vaardighede om positiewe interaksie te voer en ‘n bydrae tot die gesin, familie, gemeenskap en samelewing te lewer, terwyl hulle die waardes wat in die grondwet vervat word, uitleef.

Terug na bo


Lewenswetenskap

WAAROM KIES LEERDERS LEWENSWETENSKAP

Lewenswetenskap is die enigste vak in die skool waar ons van lewende organismes leer. In dié klas word die grondslag gelê van die belangrikheid van die natuur om ons en die belangstelling van leerders word gedurig gestimuleer.

DOELSTELLINGS VAN DIE VAK

  • Om leerders se belangstelling in die natuur, plante en dierelewe en die menslike fisiologie aan te wakker.
  • Bewusmaking van die belangrikheid van biodiversiteit en biogenetika in ons dinamiese wêreld.
  • Om by leerders die respek vir die natuur aan te kweek en die geregtigheid om dit vir die nageslag te bewaar.

Spesifieke leeruitkomste word deur die jaar van Gr. 10 tot 12 deur die leerders bemeester. Hierdie leeruitkomste sluit 'n verskeidenheid vaardighede in.

Dit behels wetenskaplike ondersoek en probleemoplossings vaardighede.
Vertolking en toepassing van Lewenswetenskappe kennis.
Lewenswetenskappe, tegnologie, die omgewing en samelewing.

SILLABUSINHOUD
Die sillabus strek oor ‘n wye spektrum van onderwerpe. ‘n Basiese kennis van ekologie word onderrig wat bevolkingsdinamika insluit. Plante en diere se ontwikkeling word gedoen vanaf die mees primitiefste organismes tot by die hoogste ontwikkelde lewe. Verder word die fisiologie van plante en die mens gedoen sodat leerders die verband tussen die funksie en bou van weefsels en organe kan verstaan.

Teorieë oor die oorsprong van lewe, verandering deur evolusie en die basis van genetika en genetiese manupilasie word ook ondersoek.

BEROEPSMOONTLIKHEDE
Lewenswetenskap is ‘n aanbeveling vir verskeie studierigtings, soos Genetika, Biochemie, Landbou, Wynbou, Natuurbewaring, Sportkunde, Huishoudkunde en nog vele meer studierigtings.

Terug na bo


Meganiese Tegnologie

Die belang van Meganiese Tegnologie in die wêreld

Suid-Afrika en baie ander lande in die wêreld beleef tans groot vaardigheidstekorte en het ‘n dringende behoefte aan vaardige ingenieurs, tegnoloë, tegnici en ambagslui.  ‘n Inleiding tot Meganiese Tegnologie poog om leerders aan die nodige kennis, vaardighede, houdings en waardes bloot te stel wat hulle vir verdere studie in Meganiese Ingenieurswese en verwante sektore sal toerus.

Die vak Meganiese Tegnologie fokus op tegnologiese prosesse, van konseptuele ontwerp tot die praktiese probleemoplossingsproses, ten einde produkte te lewer of te verbeter wat ons lewenskwaliteit verryk.

Die vak Meganiese Tegnologie sluit die volgende rigtings in:  Motorkunde, Sweis en Metaal en Pas en Draai.

Die Tegnologiese Proses in Meganiese Tegnologie word deur middel van die volgende komponente opgesom:

  • Identifiseer probleme.
  • Ontwerp oplossings.
  • Vervaardig.
  • Evalueer.
  • Bied aan.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Musiek

DEFINISIE
Musiek is georganiseerde klank. Musiek weerspieël die intellektuele, emosionele en spirituele aspekte van die mens. Dit is ‘n kunsvorm wat dikwels saam met ander kunsvorme soos poësie en dans voorkom en dikwels deur die tegnologie aangehelp word. Dit het die vermoë om ‘n wye verskeidenheid van historiese, kulturele en sosio-ekonomiese beginsels weer te gee. Musiek beskik oor die mag om groepe te verenig, om die gemeenskap aan te spoor tot algemene verbetering van lewenskwaliteit, sosiale genesing en bevestiging van die menslike waardigheid.

DOEL
Musiek behels die bestudering van uitvoeringstegniek, styl, kritiese beluistering, vorm, teorie, interpretasie en geskiedenis. Musiek gee leerders geleentheid om te kommunikeer deur op te tree en te skep. Musiek dra by tot die holistiese ontwikkeling van die leerder – dit ontwikkel kreatiewe, vertolkings en analitiese vaardighede. Sodoende word persoonlike groei bevorder. Musikante is sleutelfigure in die ontwikkeling van die musiekbedryf in Suid-Afrika wat bydra tot die ekonomie.

Spesifieke doelstellings van musiek as vak is:

  • Skep ‘n waardering vir alle diverse Suid-Afrikaanse en Internasionale musiekpraktyke.
  • Dra by tot die skep van ‘n nasionale musikale erfenis.
  • Leerders word toegerus om musiek van regoor die wêreld te verstaan.
  • Leerders ontwikkel musikale vaardighede van wêreldklas gehalte.
  • Leerders word aangemoedig om inheemse musiek op te voer en na te vors.
  • Leerders word toegerus en aangemoedig om ‘n sinvolle bydrae tot die musiekbedryf te lewer.
  • Leerders kry ‘n platform om uiting te gee aan sosiale, persoonlike, omgewings en menslike regte aspekte.
  • Leerders word toegerus om tegnologie te gebruik in die kreatiewe proses.
  • Entrepreneurskap word aangemoedig en vaardighede word ontwikkel.

LEERUIKOMSTE
Uitkoms 1 : Die leerder is daartoe in staat om ‘n wye verskeidenheid van musiek uit te voer en te interpreteer.
Uitkoms 2 : Die leerder is daartoe in staat om kennis toe te pas om sodoende musikale idees te weerspieël deur eie komposisies, verwerkings en improvisasies.
Uitkoms 3 : Die leerder is daartoe in staat om kennis toe te pas en gepaste teoretiese kennis te gebruik om ‘n wye
verskeidenheid van musiek te lees, skryf en te ontleed.
Uitkoms 4 : Die leerder is daartoe is staat om alle musiek krities te kan navors en bespreek in terme van historiese, kulturele, sosio- ekonomiese en ander verwante aspekte daarvan.

POTENSIËLE BEROEPE:
Die toegeruste leerder sal oor die vermoë beskik om as musikant ‘n sinvolle bydrae tot die plaaslike en internasionale musiekbedryf te lewer.

Terug na bo


Ontwerp kuns

 

Terug na bo


Rekenaarstoepassingstegnologie

In die hedendaagse lewe is dit nie altyd vir almal moontlik om verdere studies te bekostig nie. Rekenaartik bied nou die geleentheid vir elke leerling om reeds met die basiese rekenaarvaardighede die toekoms en die privaatpraktyk in te gaan.

Rekenaartoepassingstegnologie word reeds vanaf graad 8 geneem waar hul vaardigheid op die sleutelbord aanleer ter voorbereiding vir verdere rekenaarprogramme wat dan vanaf graad 10 geneem word.

Rekenaartoepassingstegnologie bevorder rekenaarvaardighede. Nie net word die leerder toegerus met die nuutste woordverwerkingspakkette nie, maar word ook bekend gestel aan programme soos Excell en Access.

DOELSTELLINGS:

  • eerstens om sleutelbordvaardighede aan te leer.
  • om spoed en akkuraatheid te bevorder.
  • om die leerders bekend te stel aan rekenaarterminologie.
  • om leerders voor te berei vir die gebruik van die betrokke pakette in die privaatpraktyk.
  • Rekenaartoepassingstegnologie gaan die leerder help om die beeld van sy / haar onderneming uit te dra met hoë kwaliteit korrespondensie en effektiewe rekenaargebruik.

BEROEPSMOONTLIKHEDE
Wat beroepsmoontlikhede betref, is hierdie vak uitstekende voorbereiding vir die sekretariële bedryf.

Terug na bo


Rekeningkunde

Rekeningkunde word praktykgerig aangebied en konsentreer daarop om leerders met praktiese vaardighede toe te rus tov volledige rekenkundige rekordhouding van enige transaksie om hulle beroepsgereed te maak.

Dit is noodsaaklik vir enige beroep sowel as die opstel van jou persoonlike begroting tot 'n ouditeur of geoktrooieerde rekenmeester.  Dit is ook 'n sterk aanbeveling vir enige Bcom studierigting.

Rekeningkunde is 'n verpligte vak in graad 8 en 9, en 'n keusevak in graad 10.

Die sillabusinhoud word kortliks saamgevat:
Gr 8 - Kontanttransaksies van'n diens- en handelsondernemings
Gr 9 - Krediet- en kleinkastransaksies van 'n Handelsonderneming
Gr 10 - Debiteure- en krediteure, Finansiële state, BTW berekeninge,  Loon- en Salarisjoernale, Begrotings
Gr 11 - Bateverkope, bankversoeningstate, Kontrolerekeninge, Finansiële state, Vennootskappe, BTW, Vervaardigings-ondernemings, Boekhouding van sportklubs, kontant begrotings.
Gr 12 - Maatskappye, Kontantvloeistate, Begrotings, Voorraadstelsels en beheer, Voltooiing van BTW vorm en grootboekrekeninge, Ontleding en vertolking van finansiëles state, Interne oudit, Etiek en interne beheer, Debiteure- en krediteure versoeningstate, Produksiekostestate van vervaardigingsondernemings.

Terug na bo


Rugby Akademie

 

 

 

GR 8 + 9

- Toelatingsvereistes:
Keuring vind plaas. Slegs 32 leerders per graad kan toegelaat word. Die kursus word op gewone graad aangebied.

- Benaderingswyse:
Die kursus is prakties én teoreties. Eksaminering vind op beide vlakke plaas.

- Spesiale vereistes:
‘n Addisionele fooi per leerder per jaar word naas skoolgelde gehef.

- Sillabusinhoud:
Rugbygeskiedenis, diëte, gimnasiumvaardighede, balvaardighede, voet en skopvaardighede, agterlynspel, voorspelerspel, rugbyreëls en afrigtingstegnieke.

- Vakaktiwiteite:
Interne eksamens / kursusse / besoeke

Terug na bo

 

 

 

 

 


Siviele Tegnologie

Definisie

Siviele Tegnologie fokus op konsepte en beginsels in die Beboude Omgewing, sowel as op die tegnologiese proses.  Dit sluit praktiese vaardighede en die toepassing van wetenskaplike beginsels in.  Hierdie vak skep en verbeter die Beboude Omgewing op ‘n wyse wat die lewensgehalte van die individu en die gemeenskap verbeter en verseker die volgehoue gebruik van die natuurlike omgewing.

Doel

Siviele Tegnologie sal leerders blootstel aan kennis, vaardighede, waardes en houdings van belang vir konstruksieprosesse, lewens- en omgewingsvolhoubaarheid.  Dit neem kennis van die Kritieke en Ontwikkelings uitkomstes en vind aansluiting daarby deur leerders die volgende te leer:

  • om die maatskaplike bydrae van Siviele Tegnologie ten opsigte van die verbetering van lewenskwaliteit, die bevordering van ‘n kultuur van menseregte, ekonomiese groei, entrepreneurskap, volhoubaarheid, en as ‘n instrument vir verandering en vir die verskaffing van oplossings wat op individuele en gemeenskapsbehoeftes reageer, te verstaan;
  • om ‘n begrip van die etiese oorwegings, waardes en houdings wat met Siviele Tegnologie verband hou, te demonstreer;
  • om tegnologie doeltreffend te gebruik en om op kritiese wyse ‘n verantwoordelikheid teenoor die omgewing en andere se gesondheid te toon, met spesifieke verwysing na volhoubaarheid, begrip vir die impak van Siviele Tegnologie op natuurlike hulpbronne, kulturele waardes en sosio-ekonomiese ontwikkeling en die bestuur daarvan.
  • om probleme in die Beboude Omgewing te identifiseer en op te los en om met behulp van kritiese, ekonomiese en kreatiewe denke besluite te neem om die kreatiewe potensiaal van
  • leerders te ontwikkel.

Leerders word vir verskillende beroepsrigtings en verdere onderwys- en opleidingsgeleenthede voorberei deur:

  • entrepreneursvaardighede wat vir selfwerksaamheid nodig is, te ontwikkel;
  • onderwys- en loopbaangeleenthede te verken om 'n lewenslange leerder te word;

Omvang

Siviele Ingenieurswese en die verwante professies soos argitektuur, bourekenaar en omvangopnemer, gesamentlik bekend as die Beboude Omgewing, is die basis waarop die beskawing gevestig is. Dit is deur hierdie professies wat noodsaaklike dienste, soos paaie, brûe, gesuiwerde water, spoelriolering, treinsporing, toringgeboue, fabrieke en behuising in die algemeen, in sy baie aspekte, voorsien word. Die vak Siviele Tegnologie is daarop gerig om 'n bewustheid vir hierdie aspekte by leerders en die gemeenskap te skep.

Siviele Tegnologie val in die Ingenieurswese- en Tegnologie-leerveld. Hierdie vak is gestruktureer en georganiseer om voorsiening te maak vir leerders met 'n verskeidenheid vermoëns en talente, insluitende leerders met spesiale onderwysbehoeftes (LSOB/LSEN). Siviele Tegnologie bied leerders geleentheid vir die volgende:

  • om simulasie- en werklike lewe-projekte prakties uit te voer met behulp van 'n verskeidenheid prosesse en vaardighede;
  • om praktiese probleme in 'n Siviele Tebnologiese konteks met behulp van die tegnologies proses (identifiseer, ondersoek, ontwerp, skep, evalueer en kommunikeer) op beide kognitiewe en kreatiewe maniere op te los;
  • om te leer deur direk aandag te gee aan menseregte-sosiale en omgewingsaangeleenthede inklusief, en in hul teoretiese en praktiese konteks;
  • om vakverwante kennis op 'n doelgerigte wyse te gebruik en aan te wend;
  • om 'n verskeidenheid lewensvaardighede te gebruik wanneer daar in 'n outentieke konteks aan projekte gewerk word;
  • om 'n positiewe houding en persepsie ten opsigte van Sivielie Tebnologie-gebaseerde beroepe te ontwikkel;
  • om die onderlinge verhouding tussen wetenskaplike beginsels en tegnologie te ervaar;
  • om wetenskaplike metodes te gebruik waar die klem op die volgende aktiwiteite geplaas word:

     

     

     

    • identifikasie van probleme en probleemoplossings;
    • waarneming;
    • eksperimentering (klem op vaardigheid in die hantering van apparaat);
    • klassifikasie;
    • kontroleer van veranderlikes;
    • metings;
    • interpretasie van data;
    • afleiding;
    • voorspelling; en
    • kommunikasie.

Die volgende konsepte is in Siviele Tegnologie ingebed:

  • veiligheid en noodhulp (insluitende MIV/VIGS-bewustheid)
  • doeltreffende kommunikasietegnieke

Terug na bo


Sport Oriëntering

SPORTORIËNTERING AS KEUSEVAK
By Hoërskool Zwartkop word leerders in graad 8 en 9 toegelaat om een van die volgende sportvakke as keusevak te neem:  Hokkie, Krieket, Tennis, Netbal en Rugby.  Keuring is by elk van hierdie sporte ter sprake.  Die kursusse en eksaminering is telkens prakties en teoreties.  Addisionele fooie buiten die skoolgeld word ook telkens gehef.

HOKKIE
Sillabusinhoud: Hokkiegeskiedenis, fiksheidsvereistes en diëte, tegniese vaardighede, taktiese aspekte en posisionele spel, afrigterskwalifikasies, skeidsregting en hokkiereëls.

KRIEKET
Sillabusinhoud: Krieket etiket, tellinghou, veldplasings, kapteinskap, reëls en afrigtingstegnieke.  Interne eksamens in samewerking met

Titans Krieketunie word afgelê.

NETBAL
Sillabusinhoud: Netbalgeskiedenis, diëte, gimnasiumvaardighede, balvaardigdhede, voetvaardighede, doelvaardighede, posisionerende spelvaardighede, netbalreëls en afrigtingstegnieke. Interne eksamens in samewerking met die Gauteng-Noord Netbalunie word afgelê.

RUGBY
Sillabusinhoud: Rugbygeskiedenis, diëte, gimnasiumvaardighede, balvaardighede, voet en skopvaardighede, agterlynspel, voorspelerspel, rugbyreëls en afrigtingstegnieke.  Interne eksamens in samewerking met die Bloubulrugbyunie word afgelê.

TENNIS
Benaderingswyse:

  • Die kursus bestaan uit 210 minute baanwerk per week (Maandag, Woensdag en Vrydag 07:00 tot 08:30).
  • Klaswerk van 60 minute per week.
  • Twee sessies fiksheid per week by Mnr. Neels Liebel,‘ n biokenetikus.  (Leerlinge moet dit in eie tyd inpas.
  • Daagwedstryde word weekliks gereël en is verpligtend.
  • Die teorie sluit onder ander tennisgeskiedenis, diëte, tennisreëls, afrigtingstegnieke en voetvaardighede in.

Die kursus word aangebied deur Marinus Potgieter, wat ‘n proffesionele tennisafrigter is.  Vir verdere navrae kan hy gekontak word by 666 8781 of
083 633 3797.

Terug na bo


Tegno-Akademies

Die kans dat jy werk sal kry is baie groter met ‘n tegno-akademiese keuse. Hier word leerders vaardighede aangeleer deur die teorie met die praktyk te versoen. In Gr 8 en 9 neem die leerders TTP (Tegnies Teorie en Praktyk) waar hulle kennis maak met algemene tegniese vaardighede.

 

Tegnologie

Alhoewel tegnologie ‘n verpligte vak is, geniet almal dit wand in tegnologie, speel ons. Ons kyk met ons hande. Ons gebruik die konstruktivistiese benadering om nie te kyk hoe baie inligting die leerlinge kan memoriseer nie, maar hoe baie die leerlinge met die inligting kan doen. Soos die Chinese spreekwoord sê: “Tell me and I'll forget; show me and I may remember; involve me and I'll understand.”

Behalwe dat ons gebruik maak van video’s wat ons na plekke in praktyk neem, gee ons vir tegnologie so ekstra smakie met ons meganiese, siviele en elektries-elektroniese personeel byderhand.

Van graad 8 af, leer ons die leerlinge om dieselfde formaat take aan te pak, as wat van hulle verwag word in die tegniese vakrigting. 

 

Elektriese Tegnologie

Elektriese Tegnologie  is ‘n wetenskap wat ondersoek instel na die bou, werking en samestelling van elektriese- en elektroniese stelsels en –beginsels in die teorie asook die gebruik daarvan en die toepassings in die praktyk.

Elektriese Tegnologie word vanaf Gr 10 tot 12 aangebied. Dit strek vanaf Basiese elektriese beginsels tot gevorderde elektroniese kringbane.

Doelstellings van die vak:

  • Om die leerders die nodige insig te verskaf in die fynere werking en beginsels van elektriese sisteme.
  • Om die leerders ‘n basiese begrip van die samestelling van stroombane te gee.
  • Om goeie beginsels vir Veiligheid en voorsorgmaatreëls te kweek.
  • Om belangstelling vir die tegniese milieu te kweek en toekomstige tegnici op te lei.
  • Om die leerders in staat te stel om die tegniese terminologie te verstaan en simbole te herken.
  • Om leerlinge te lei tot selfstandige en verantwoordelike vakleerlinge, ambagsmanne en ‘n bewame tegniese korps.

Sillabus
Gr 10 Gr 11 Gr 12

  • Basiese Elektrisiteit Elektromagnetisme Elektriese stroomteorie
  • Primêre en Sekondêre selle Gelykstroom motors Een- en Driefase stelsels
  • Veiligheidstoestelle Gelykstroom aansitters Een- en Driefase motors
  • Huishoudelike bedrading Gelykstroom opwekkers Een- en Driefase transformators
  • Meetinstrumente Elektriese stroomteorie Meetinstrumente(Swaarstroom)
  • Elementêre magnetisme Meetinstrumente Ossilloskoop
  • Eenvoudige Kringbane Transformators Baiese Elektronika
  • Basiese elektroniese komponente Eenvoudige Versterkers
  • Eenvoudige stroombane Eenvoudige stroombane

Beroepsmoontlikhede

  • Elektromeganikus (Millwright)
  • Elektro-mediese-tegnikus
  • Elektrisiën
  • Auto elektrisiën
  • Tegnici
  • Elektriese ingenieur
  • Telkom tegnici
  • Avion elektriese tegnikus (vliegtuie)

Terug na bo


Toerisme

WAAROM 'N LOOPBAAN IN TOERISME?
In die nuwe, veranderende Suid-Afrika, is die Toerismebedryf een van die snel-groeiendste ekonomiese bedrywe in ons land. Hierdie bedryf bied talle werksge-leenthede in 'n verskeidenheid rigtings.

Toerisme op skoolvlak bestudeer die hele Toerisme-bedryf as 'n geheel en fokus op die praktiese toepassing van vaardighede wat in die vak aangeleer en bemeester word.
Toerisme word vanaf gr. 10 - 12 aangebied. Daar is geen toelatingsvereistes vir hierdie vak nie.

DOELSTELLINGS VAN DIE VAK:

  • Om die leerder se kennis en insig van Suid-Afrika, sy provinsies en omgewing te verbreed.
  • Om die leerder kennis en begrip van al die komponente van die toerismebedryf te gee.
  • Om die leerder bewus te maak van die invloed van ekonomiese, sosiale-, politiese- en omgewingskwessies op ons land en sy bevolking.
  • Om aan die leerder 'n basiese begrip van die wêreld van werk, veral in die toerismebedryf te gee.
  • Om 'n belangstelling in die wêreld rondom ons te kweek en entrepreneurskap te bevorder.

BENADERINGSWYSE:
Teoreties en prakties. Drie kwartaaltoetse en twee interne eksamens per jaar word afgelê. Leerders doen gereeld take oor toerisme-aktiwiteite in hul omgewing.

SILLABUSINHOUD:
Toerisme as 'n interafhanklike stelsel, verantwoordelike en volhoubare toerisme, toerisme geografie, attraksies en toerisme tendense, kliëntediens en kommunikasie.

VAKAKTIWITEITE:
Leerders gaan op gereelde uitstappies om gastehuise, hotelle en ander toeristefasiliteite te besoek. Binnelandse toere word ook gereël.

BEROEPSMOONTLIKHEDE:
Toeroperateur; toergids; reisagent; inligtingsentrums; curiowinkel-bestuurder; konferensieorganiseerder; gastehuis-, hotel- en oordbestuurder.

Terug na bo


Visuele kuns

HOEKOM KUNS?
Daar is niks so verrykends en genotvol soos die vermoë om self te skep nie! Behalwe hiervoor is daar verskeie redes om die vak te neem. Visuele kommunikasie vorm vandag ‘n integrale deel van ons alledaagse lewe. Oral om ons is kuns en ontwerp in verskeie vorme. Kuns leer jou krities kyk en gee aan jou die vaardigheid om verskeie kunsvorms te ondersoek. Kuns gee jou die geleentheid tot selfontwikkeling. Jy leer om ‘n intrepreneur te word wat jou eie ware skep. Jy ontwikkel praktiese vaardighede en leer om na die omgewing met nuwe oë te kyk. As jy teken, skilder, ontwerp of beeldhou geniet en daarvan hou om met jou hande te werk en oorspronklike kreatiewe werk te skep, is dit die vak vir jou. Kreatiewe denke word aangemoedig en leerders leer onafhanklik werk. Onthou, kuns is nie dieselfde vak as Kuns en Kultuur nie!

WAT BEHELS DIE VAK KUNS?
Die vak word in twee komponente verdeel.

  • Kunsgeskiedenis begin in graad 10 met die studie van Pre-historiese kunsvorme en dit eindig in graad 12 met moderne kunsbewegings en neigings in kontemporêre ontwerp. Verskeie kuns-, ontwerp- en beeldhoustyle word bespreek sodat die leerder dit sinvol op sy/haar eie kuns kan toepas.
  • Die praktiese komponent word in graad 10 wyd verdeel in verskeie studievelde. Die leerders word blootgestel aan skilder, beeldhou, drukkuns, ontwerp en ander handwerkkunsvorme. In graad 11 moet die leerders ‘n area kies waarin hulle wil spesialiseer.

ADDISIONELE VAK MOONTLIKHEDE
Visuele kuns of Ontwerp kan in graad 10, 11 en 12 as ekstra vak geneem word. Beide hierdie vakke word in die middae na skool op die skoolterrein aangebied.

WAAROM IS DIE VAK RELEVANT IN VANDAG SE KOMPETERENDE OMGEWING?
Daar is vandag meer as ooit tevore druk op mense om hulle eie werk te skep en verskeie vaardighede aan te leer wat hulle instaat sal stel om in ‘n ope mark te kompeteer. Kunsverwante rigtings verg ‘n vaardige hand en oog wat op skool reeds aangeleer word. Behalwe vir die algemene beroepskeuses in die veld van kuns is die moontlikhede legio. Kommersiële kunsvorms soos inligtingontwerp, industriële ontwerp, interieurontwerp en argitektuur is maar ‘n paar studievelde waarby kunsleerders kan baatvind. Die kennis van ontwerp en die toepassing daarvan in jou alledaagse lewe is onvervangbaar en van groot waarde. Of jy bloot skep vir genot en om jouself te ontwikkel en of jy werk aan ‘n eie besigheid, kuns kan ‘n waardevolle bydrae maak.

Terug na bo


Wiskunde

Wiskunde behoort slegs as vak gekies te word indien leerders reeds in Graad 8 & 9 getoon het dat hul oor die nodige wiskundige vaardigheid en aanleg beskik en nie omdat dit die ouer se voorkeur vir sy kind is nie.

Leerders en hul ouers moet hulle reeds in Graad 9 vergewis of Wiskunde as toelatingsvereiste dien vir die rigting waarin die kind wil gaan studeer.

Hiermee die sillabus vanaf graad 10 tot 12. Indien ‘n leerder nie Wiskunde slaag nie, sal Wiskundige Geletterdheid geneem moet word.

Graad 10 Algebra
1. Produkte
2. Faktore: Ontbinding.
3. Algebraïese Breuke.
4. Vergelykings en ongelykhede in een onbekende.
5. Formules:
- Oppervlakte en volume van reghoekige prismas en silinders.
- Substitusie.
- Verandering van die onderwerp
6. Funksies:
- Funksiebegrip
- f(x) – notasie
- Defenisie en waardeversameling
- Grafiese voorstelling van die  lyn, sirkel, semi-sirkel, hiperbool en parabool.
7. Stelsel vgls. met twee onbekendes.
8. Eksponente.

Meetkunde

- Eienskappe van die parallelogram   en toepassing daarvan.
- Middelpuntstelling t.o.v. ewewydige lyne.

Trigonometrie
- Definisies van die trigono-metriese funksies van ‘n hoek vir die hoek in [0° ; 360°] sin ?; cos ? en tan ?
- Toepassings van die drie funksies in ‘n reghoekige driehoek.
- Oplos van reghoekige drie-hoeke.

Graad 11 Algebra
1. Reële getalle.
2. Absolute waarde
- Definisie.
- Oplos van vergelykings en ongelykhede.
3. Kwadratiese vergelykings.
4. Funksies:
- Grafiese voorstelling van die parabool absolute waarde.
- Afleidings uit grafieke
- Inverses van die lyn y = ax2, xy = k, y -?x?.
5. Linêere programmering
   - Grafiese toepassing.
6. Kwadratiese ongelykhede.
7. Res – en faktorstelling.
8. Stelselvergelykings.
9. Eksponente
- Oplos van vergelykings.
- Verband tussen wortelvorme.
- Rasionalisering van wortelvorme.
- Rasionalisering van wortel.
- Oplos van eenvoudige eksponensiale vergelykings in een onbekende.

Euklidiese meetkunde

- Sirkelmeetkunde.
- Gemeenskaplike snypunte van lyne.
- Stelling van Pythagoras.

Trigonometrie

1. Uitbreiding van defenisies.
2. Funksiewaardes vir (90° - ?);(180° + ?) ; (360° + ?).

3. Grafieke teken en afleidings van y = cos ? en y = tan ?.
4. Funksiewaardes vir 0°; 30°; 45° en hul veelvoude sonder ‘n sakrekenaar.
5. Identiteite.
6. Formules:- Sinus-, Cosinus en oppervlakte.
- Toepassing van die bostaande formules by die oplos van drie hoeke en probleme in die twee en drie dimensionele vlak

Graad 12 Algebra
1. Logaritmes
- magsfunksie skets en afleiding.
- logaritmiese funksie skets en afleiding.
- eienskappe.
- Eenvoudige vergelykings.
2. Rye en Reekse
- Kenmerke van rekenkundige enmeetkundige rye.
- ? - notasie
- Berekeninge i.v.m. som tot ‘n terme van RR en MR.
- Konvergensie.
- Oplos van probleme m.b.v. bostaande.

Differensiaalrekene

1. Gemiddelde helling.
2. Limiete.
3. Afgeleide van ‘n funksie d.m.v.
- eerste beginsels
- definisie
4. Differensiasiereëls
- Toepassing
- Vergelykings van raaklyne.
- Skets van 3de – graadse funksies
- Praktiese probleme oor minima, maksima en veranderingstempo.

EUKLIDIESE MEETKUNDE

1. Verdeling van ‘n lynstuk (eweredig).
2. Gelykvormigheid.
3. Pythagoras.

Trigonometrie

1. Sinus-, cosinus en tangens funksies -skets met fase verskuiwings en afleidings daarvan.
2. Saamgestelde en dubbelhoeke.
3. Algemene en spesifieke oplossings van vergelykings.

KOÖRDINAATMEETKUNDE

1. Afstand en middelpunte tussen 2  punte.
2. Die reguitlyn.
3. Die sirkel x2 + y2 = r en (x – a)2 + (y – b)2 = r
4. Ko-linêere punte.
5. Lokusse van bostaande.
6. Snypunte van lyne en sirkels.

 

TEGNIESE WISKUNDE

Wiskundige probleemoplossing stel ons in staat om die wêreld (fisies, sosiaal en ekonomies) rondom ons te verstaan. Wiskunde leer ons om kreatief te dink. Die doel van Tegniese Wiskunde is om die wetenskap van Wiskunde op die tegniese veld toe te pas, met die klem op toepassing en nie op abstrakte idees nie.

 

Indien ʼn leerder nie 50% vir Wiskunde as vak behaal nie, kan hy/sy nou Tegniese Wiskunde neem.

 

VAKINHOUD

Algebra | Funksies | Finansiële wiskunde | Differensiasie en integrasie | Meetkunde | Analitiese meetkunde | Trigonometrie.

 

DOELSTELLINGS

·     Probleemoplossing is ʼn belangrike fokuspunt in die kurrikulum.  Lewensegte tegniese
       probleme word in alle afdelings ingewerk.

·     Om denkprosesse te ontwikkel om logiese en kritiese denke, akkuraatheid,
       probleemoplossing en die maak van keuses, te bevorder.

·     Om die geleentheid te skep vir leerders om die vermoë te ontwikkel om metodies te

       werk te gaan en bekwame gebruikers van wiskunde te word.

·     Om die geleentheid vir leerders te skep vir verdere studies by F.E.T. kolleges met ʼn N4
       intree vlak.

 

Ingenieursgrafika en -ontwerp

TOELATINGSVEREISTES:

·           Dit word sterk aanbeveel dat leerders reeds hierdie vak in Gr. 8 en 9 as verrykingsvak neem

·           Leerders moet ’n tegniese aanleg hê en oor goeie insig beskik

·           Hierdie vak staan sterk op driedimensionele insig en roem daarop om kreatiewe vaardighede te ontwikkel.

Terug na bo


Wiskundige Geletterdheid

Wiskundige geletterdheid is die praktiese toepassing van wiskunde in die moderne wêreld waar 'n leerder met vertroue enige situasie sal kan hanteer.  Wiskundige geletterdheid rus jou toe om:

  • te werk met rentekoerse as jy geld uitleen of leen.
  • te meet wanneer jy verf, bou, gordyne en meubels koop.
  • te werk met geld (ekonomie) wanneer jy 'n sake-onderneming bedryf.
  • inligting te versamel wanneer jy marknavorsing doen. (statistiek)

As jy geletterd is, kan jy lees en skryf.  Hierdie vaardighede maak vir jou eindelose moontlikhede oop.  As jy wiskundig geletterd is, is jy bewus van die rol van wiskunde in die moderne wêreld.

Terug na bo