AKSIENETBALSPAN MET 2 ZWARRIES STAP WEG MET GOUD

Simoné van Reenen en Chrisna Steenkamp is albei opgeneem in die SA 0/17-Aksienetbalspan.  Hierdie span het die afgelope vakansie deelgeneem aan WINA (“World Indoor Netball Association”) se Junior  Wêreldkampioenskappe te Fourways Falcons Action Sports Arena.  Die span van Suid-Afrika wen in die 7-aan-ʼn-kant toernooi Australië in ekstra tyd met 53-49 en verower so ʼn goue medalje.  Die span verower ook silwer in die 6-aan-ʼn-kant toernooi.  Hierdie is nie net ʼn uitsonderlike prestasie vir ons land nie, maar ook vir hierdie twee dogters. Simoné van Reenen word ook aangewys as naaswenner van die speler van die toernooi van die 6-aan-ʼn-kant Junior Wêreldkampioenskappe.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie twee netbalsterre.

FOTO-UITLEG: Simoné van Reenen en Chrisna Steenkamp.