ATLETE PRESTEER HULSELF UIT BY KAMPIOENSKAPPE

ATLETE PRESTEER HULSELF UIT BY KAMPIOENSKAPPE

 

’n Mens sou dink dat die atletiek-seisoen van 2018 lankal reeds verby is, maar vir die atlete van Hoërskool Zwartkop is dit nog nie die geval nie. En hulle presteer hulself behoorlik uit op die atletiekbaan en –veld.

Die volgende atlete het aan die Gauteng skole byeenkoms deelgeneem en is ook ingesluit by die Gautengspan wat aan die SA kampioenskappe gaan deelneem het:

• Gawie Louw (1ste in 400m met ’n tyd van 46:86s)

• Leandi Conradie (1ste in Spiesgooi)

• Caleb Beukes (2de in die 3000m Hindernis item)

• Danica Strydom (2de in 400m Hekkies)

• Mckyla vd Westhuizen (4de in Spiesgooi)

Die SA Skole kampioenskappe het vanaf 22 tot 24 Maart plaasgevind te Potchefstroom. Die uitslag van hierdie byeenkoms het vir uitmuntende prestasies gesorg.

  • Leandi Conradie het 6de geëindig in Spiesgooi dogters O/15 met ’n afstand van 39,41m.
  • Danica Strydom behaal ’n 3de plek in 400m Hekkies dogters O/17 met 62:44s.
  • Caleb Beukes eindig in die 4de posisie met sy tyd van 9:37:08s in die 3000m Hindernis seuns O/19.
  • Ons eie Usain Bolt, Gawie Louw wen die 400m wedloop vir seuns O/19 met ’n tyd van 47:00s.

Vanaf 5 tot 7 April het die volgende Zwarrie-atlete aan die ASA Jeug en Junior kampioenskappe gaan deelneem in die Paarl en weereens vir almal gewys waarvan hulle gemaak is.

  • Caleb Beukes behaal ’n 6de plek in die Junior 3000m Hindernis item net ’n nuwe persoonlike beste tyd van 9:35s
  • Jeanette Louw wen ’n silwer medalje as lid van die Atletiek Gauteng Noord span in in die 4x100m aflos item.
  • Robbie Louw word vereer met ’n brons medalje in die Jeug-afdeling vir spiesgooi met ’n nuwe persoonlike beste van 66,36m.
  • Danica Strydom verower ’n brons medalje in die Jeug-afdeling vir die 400m Hekkies en eindig ook 5de in die 400m item met ’n persoonlike beste tyd van 56:73s. Sy ontvang ook ’n silwer medalje as lid van die Atletiek Gauteng Noord span vir die 4x400m aflos item.
  • Gawie Louw wen ’n silwer medalje vir die 400m Junior mans item met ’n nuwe persoonlike beste tyd van 46:43s – ’n A-kwalifiserende standaard vir die wêreld Junior kampioenskappe. Hy ontvang ’n goue medalje as lid van die Sentraal Gauteng span in 4x400m aflos en is ook by die SA-span ingesluit wat aan die Suid distrik kampioenskappe gaan deelneem.

 

Name vir foto:

Agter vlnr: Clabe Beukes, Gawie Louw en Robbie Louw.

Voor vlnr: Danica Strydom, Jeanette Louw, Leandi Conradie en Mckyla van der Westhuizen.