ATLETIEK Interhuis 2017

Tydens Hoërskool Zwartkop se plaaslike Interhuis atletiekbyeenkoms het die volgende twee atlete hulself uitpresteer as die seun en dogter met die beste enkelprestasie in een item op die dag.

Iné Smit (0/15) is met haar Spiesgooi prestasie van 997 ABSA-punte aangewys as die beste prestasie vir Dogters algeheel op die dag.

Ruan Claasen (0/14) is met sy Gewigstoot prestasie van 913 ABSA-punte aangewys as die beste prestasie vir Seuns algeheel op die dag. 

FOTO-UITLEG: Ruan Claasen; Iné Smit.