CALEB BEUKES, 0/17-SEUNS LANDLOOP, NO.1 IN PRETORIA

Caleb Beukes (gr.11) het die afgelope naweek deelgeneem aan CGA- (Central Gauteng Athletics)  Landloopkampioenskappe en in die 0/17-kategorie ʼn silwer medalje verower. Hiermee kwalifiseer hy om op 9 September 2017 te Potchefstroom aan die SA-Landloopkampioenskappe te gaan deelneem. Hy beklee ook tans die no.1-posisie in Landloop Seuns 0/17 in Pretoria.  Hoërskool Zwartkop is uitsonderlik trots op hierdie Zwarrie langasem.