DIÉ TWEE ZWARRIES KAN HUL SÊ, SÊ!

Abigail Wagner (gr.12) en Emma van der Walt (gr.10) dring deur na die ATKV-Redenaars se finaal.  Hulle gaan nou kragte smee op nasionale vlak om te wys dat die Zwarries ook ʼn sê het.  Dit is Emma se tweede jaar agtereenvolgens wat sy op nasionale vlak gaan meeding in Redenaars. Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie twee dogters.

FOTO-UITLEG: Abigail Wagner en Emma van der Walt