E-platformregistrasie by Gauteng Onderwysdepartement uitgestel.

Geagte voornemende Zwarrie-ouer

Neem kennis dat die Onderwysdepartement die e-platformregistrasie se aanvangsdatum van Maandag 13 Mei aangeskuif het na Maandag 20 Mei om 8:00. Hierdie aanpassing is laat Vrydagmiddag 10 Mei deur die Onderwysdepartement aan die skole deurgegee.

U kan op die e-platform toetslopies doen voor Maandag 20 Mei. Neem egter kennis dat enige inligting wat voor Maandag 20 Mei om 8:00 ingelees word, deur die Onderwysdepartement uitgevee word op Maandag 20 Mei om 8:00. Alles wat daarna ingelees word, sal aanvaar word.

Ons hou u op hoogte indien die Onderwysdepartement weer enige aanpassings op hierdie reëling maak.

Dankie vir u geduld in belang van u kind se toekoms.

Zwarriegroete