EMMA VAN DER WALT PRAAT DIE LAND AAN DIE BRAND

Emma van der Walt het die afgelope naweek deelgeneem aan die Nasionale ATKV-redenaars kompetisie.  Sy is maar slegs in gr.10 en wen die kategorie, Gr10-12 Huistaal Onvoorbereid en ontvang ook die toekenning vir “Beste taalgebruik”.  Hoërskool Zwartkop is in die besonder baie trots op hierdie kranige Zwarrie spreker. Sy het behoorlik nou in Zwarrieland die tonge aan die praat.