GAUTENG NETBAL

Die volgende drie netbalspeelsters het uitsonderlik gevaar om vanjaar in die Gauteng provinsiale netbalspanne opgeneem te word. Marichelle Visagie (0/15), Bernice Armstrong (0/15) en Simoné van Reenen (0/17), is al drie gekies om die provinsie gedurende die Junie vakansie tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe te gaan verteenwoordig. Hoërskool Zwartkop is uitsonderlik trots op hierdie drie dogters. Marichelle en Bernice speel in die skool se 0/15A-netbalspan en Simoné in die 0/19A-span waarvan beide spanne eerskomende naweek aan die Tshwane-uitspele gaan deelneem.   Zwartkop se 0/17 A-span neem ook die naweek deel aan die Tshwane-uitspele en die 0/14A-span tree as naaswenners van die Jubilee liga uit die stryd en slaan die Tshwane-uitspele oor en kwalifiseer direk vir die Gauteng kampioenskappe wat op 16 en 17 Junie 2017 plaasvind. Hierdie 0/14A-span het ons die afgelope seisoen baie trots gemaak.

FOTO-UITLEG: Bernice Armstrong; Simoné van Reenen en Marichelle Visagie