GHOLF, REUBEN SE PASSIE

Reuben Bakker, ʼn gr.12-leerder van Hoërskool Zwartkop, wat verlede jaar reeds opgeneem was in die provinsiale Gholf span van Gauteng-Noord, slaan ʼn nuwe titel los. 

Reuben maak die afgelope vakansie weer groot opgang toe hy as die Junior Copperleaf Klubkampioen aangewys word na die afgelope toernooi.

Die Zwarries is baie trots op hierdie mooi prestasie.