GROEN EN GOUD VIR ZWARRIE SAGTEBAL-STER!

Francé Price (gr.11) is ʼn kranige sagtebalspeler.  Sy  is gekies vir die 0/19 SA-Sagtebalspan wat tans aan die Sagtebal Wêreldtoernooi te Clearwater, Florida, VSA deelneem.  Hierdie SA-Sagtebalspan is gekies uit die Tshwane Sagtebal skole liga. Zwartkop is voorwaar baie trots op Francé.