ILANA HATTINGH “ROCK” BEHOORLIK

Ilana Hattingh behaal in die Suid-Afrikaanse Talent Kampioenskappe in Sang die volgende uitslae:

-         Sy eindig 3de op Nasionale vlak in Ope Solosang.

-         Sy eindig 2de op Nasionale vlak in Jazz Solo.

-         Sy eindig 1ste op Nasionale vlak in Rock Solo.

-         Sy dring deur na AMTC (Actors, Models & Talent for Christ) se Wêreld Kampioenskappe te

         Los Angeles en Orlando, Florida.

-         Sy is deel van die Top 10 in Sang in Suid-Afrika.

Ilana kry die geleentheid om met twee glanspersoonlikhede nl. Mrs. America (2015) en ons eie Melinda Bam saam te werk.  Hoërskool Zwartkop is baie trots op Ilana en saam haar dankbaar vir hierdie uitsonderlike prestasies en ervaring.