IN DIE KOL VIR DIE ZWARRIE SKUTS!

Die Zwarries lewer spog prestasies in boogskiet by die NASP (National Archery in the schools programme) Copwatch Centurion league.  Die Zwarrie A-span verower goud en die B-span brons in die kompetisie.

  • Dries Cornelius stap weg met 2 goue medaljes, as die beste senior seunskut, asook die algehele beste skut van die kompetisie
  • Jeanette van Jaarsveld wen ʼn brons medalje as die derde beste senior dogterskut
  • Rian van Rensburg ontvang ʼn silwer medalje as senior seunskut asook die algehele tweede beste skut van die kompetisie

FOTO-UITLEG: Dries Cornelius; Jeanette van Jaarsveld en Rian van Rensburg.