Kultuur

Dans
Drama / Toneel
Jnr. Stadsraad
Kultuurweek
Kunswedstryde
Orators
Orkeste en ensembles
Skoolkoerant – Zwart-op-Wit
Redenaars en Debat
Revue
Solosang – Ligte Musiek
Toeskouers
VCSV – ZnC

Dans

“Dancers are the athletes of God” – Albert Einstein

By Hoërskool Zwartkop is ons passievol oor dans en glo ons jy moet elke oomblik gebruik om te dans. Ons bied dans as ‘n verrykingsvak aan in graad 8 en 9 en Dansstudies as ‘n vak van Graad 10-12. Die studente kry geleentheid om in skooltyd dans te neem. Ons hoof dans vorme is ballet en kontemporêre dans, maar die kinders word ook blootgestel aan jazz dans, ballroom en hip hop. Ons beoog om ons dansers so veelsydig as moontlik te maak en berei hul voor om eendag as professionele dansers te werk. Saam met die prakties het ons ook ‘n teoretiese komponent wat dans geskiedenis, anatomie en teaterkunde insluit.

Ons dans ook Maandae, Woensdae en Vrydae oggende voor skool om ons danstegniek te versterk en een middag na skool word gebruik vir Kontemporêre dans. Ons het ‘n jaarlikse Zwarrie Danz Feez waar ons vir ‘n hele dag lank dans saam met bekendes uit die dans wêreld. Daar word ook gereeld dans werkswinkels gereël. Die oudisies vir nuwe leerders word elke jaar in September gehou. Die dans departement kry ook geleentheid om by skoolfunksies op te tree. Zwarrie dansers wil nie dans nie, hulle moet dans! Dans is in hul bloed en as jy so ‘n danser is, is Hoërskool Zwartkop die plek vir jou!

Terug na bo


Drama / Toneel

By Hoërskool Zwartkop kan Drama as vak tot in gr. 12 geneem word, terwyl dit ook as buitemuurse aktiwiteit aangebied word deur 'n professionele afrigter.  Slaag die oudisie en betree die uitdaging van toneel! Dra jou hart op jou mou of draai iemand 'n rat voor die oë - toneel maak dit alles moontlik.

Minstens een toneel word jaarliks by Zwarries opgevoer deur 'n dinamiese groep leerders. Onder leiding van bekwame personeel neem ons deel aan verskeie kompetisies soos die landswye ATKV-toneelkompetisie, waar ons onder andere reeds drie jaar agtereenvolgend tot die semi-finale deurgedring het. Vanjaar het ons na Bloemfontein gereis en gekwalifiseer om aan die Volksblad Kunstefees deel te hê!

Leerders word aangemoedig om ook deel te neem aan drama/toneel buite skoolverband, waarvoor volle erkenning op meriete-aande gegee word. 

Terug na bo


Jnr. Stadsraad

Die Junior Stadsraad van Tshwane (JCC) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat die jeug en gemeenskap van Tshwane dien.  Die lede van die JCC bestaan uit verteenwoordigers van 37 skole oor die hele Tshwane.  Die ampstermyn is vir twee jaar, wat een gr.10 en een gr.11 leerder insluit.  Pieter Schoeman (tans hoofseun van Hoërskool Zwartkop) lê nou sy ampstermyn van 2 jaar af en Heinrich Nienaber, gr.10 is nuut verkies as Junior Stadsraadslid.  Sarel Bester, gr.11, dien nou vir die tweede jaar op die JCC. Hoërskool Zwartkop is baie trots op die leerders wat op die wyse in die gemeenskap betrokke is en so  diensbaar in die Tshwane gemeenskap kan wees.

IMG_9488

Foto inligting: Heinrich Nienaber (Gr.10 Nuutverkose lid); Me. E van den Heever (Skoolkoὂrdineerder vir JCC aktiwiteite); Pieter Schoeman (Gr.12 Twee jaar dienstermyn verstreke); Sarel Bester (Gr.11 Tweede amsptermyn)

Terug na bo


Kultuurweek

Ons eie Zwarrie Kunstefees!  Ons uitvoerende en beeldende kunstenaars neem deel, leiers ontwikkel deur te help met organisasie, tegniese 'wizards'doen klank en beligting, vaardige leerders ontwerp, bou en verf dekor, en veel meer! Fondse word ingesamel deur kaartjie verkope - 'n ware Zwarrie ervaring.  

Die kultuurweek is die tyd wanneer elke graadgroep die geleentheid kry om te wys waartoe hulle op kuns- en kultuurvlak in staat is.

Enige leerder kan inskryf in 'n verskeidenheid kategorieë waarin elkeen sy unieke hartklop kan uitleef .  

'n Nuwe afdeling is Hoërskool Zwartkop Multi-media, waar verstommende tegnologiese prestasies met o.a. foto's en DVD advertensies gelewer gaan word.

Die kultuurweek is 'n trotse instelling in Zwarrieland wat elke jaar van krag tot krag gaan.  Daar word met hart en siel meegeding vir die gesogte Graadgroep-Kultuurtrofee, midde groot spangees, feeste en opwinding.

Terug na bo


Kunswedstryde

Belangstellende leerders word die geleentheid gebied om op ’n jaarlikse basis deel te neem aan kunswedstryde. Verskeie kompetisies op interskolevlak gee ook aan die leerders kans om hul talente te ontwikkel. Kategorieë waaraan deelgeneem word sluit in: drama, beeldende kuns, instrumentaal, vokaal, klassiek, ligte musiek en koorsang.

Terug na bo


Orators

Hoërskool Zwartkop offers learners the opportunity toe compete against top schools at the SA Guild for Speech and Drama competition.

Teams from grade 8 to 12 and two individual speakers, one junior and one senior, are selected to represent the school at this highly regarded occasion.

Not only do we encourage participation for competing against peers, but also for personal development and obtaining life skills. We also present an internal competition for individual speakers with exciting and relevant topics.  

With the help op a highly skilled public speaking department we bring home top honours every year.

Terug na bo


Orkeste en ensembles

 

Terug na bo


Skoolkoerant – Zwart-op-Wit

Zwarries is trots op hul eie skoolkoerant te hê. Die skoolkoerant is in die vorm van ‘n tydskrif wat allerlei interessante berigte, foto’s en rubrieke oor die doen en late van Hoërskool Zwartkop leerders en onderwysers bevat.

Die tydskrif word twee keer ‘n jaar uitgegee naamlik in Julie en Desember.

Daar is ongeveer 50 redaksielede van graad 8 tot en met graad 12.  Leerders is altyd baie opgewonde om deel  te wees van hierdie indrukwekkende paneel.

Kliek hieronder om die 2014 Skoolkoerant af te laai (PDF)

Terug na bo


Redenaars en Debat

Hoërskool Zwartkop se talentvolle leerders kry die geleentheid om op 'n jaarlikse basis deel te neem aan kunswedstryde.  
Verskeie kompetisies op inter-skolevlak gee hulle ook kans om veelvuldige talente te ontwikkel.  As jou hart nie in jou keel sit by die gedagte aan verhoogkompetisie en -deelname nie, kan jy inskryf vir kategorieë soos drama, beeldende kuns, instumentaal, vokaal, klassieke en ligte musiek.  

Jaarliks vind daar basies 3 kompetisies plaas
a.) Interne redenaarsaand
b.) Spraak- en dramakollege span- en individuele kompetisie
c.) ATKV individuele kompetisie

a) Die interne redenaarsaand is 'n baie groot en spesiale aand. Hier word geluister na net die beste redenaars in elke graad (wat reeds van vroeg in die kwartaal deur middel van mondelinge in elke klas, uitgedun word). Ons kies ook die 9 redenaars wat aan die die ATKV kompetisie gaan deelneem op hierdie aand.  Die hoogtepunt van diè aand is die beste junior en beste senior redenaar van die jaar wat aangewys word.

b) Die spraak- en drama se redenaarskompetisie is verdeel in individueel en spanne. Die vorige jaar se beste junior en senior word vir diè kompetisie ingeskryf. Die spanafdeling gee 'n geleentheid aan enige een wat wil deelneem om te gaan deelneem, aangesien daar geen 'keuring' hoef plaas te vind nie, maar hier kry die redenaars kans om vir al die ander skole in Pretoria te wys tot wat ons in staat is. Hier is al wonderlike prestasies gelewer, wat wissel van A's en A+ tot wenners en naaswenners.

c) Die ATKV kompetisie laat vir ons net 4 juniors en 5 seniors toe, en daarom word die beste 9 van die skool die aand van die interne redenaarsaand aangewys en hulle gaan neem dan deel aan diè kompetisie.

Terug na bo


Revue

2017 beloof om die Revue-jaar te wees wat Zwartkop se hartklop soos 'n drom gaan laat dawer.  Die uitdaging, die spanning, die oefen… Die dans, sing en toneel… Die onblusbare gees, lag, samesyn, vasbyt… Die onvergeetlike ervaring en herinneringe van 'n Zwarrie revue mag net nie misgeloop word nie! Oudisies begin reeds in Februarie 2017.

In hierdie skool kan jy proe aan kultuur voor of agter die skerms.  Met alle aspekte van 'n volbloed verhoogproduksie - onder meer tegnies, ontwerp, verhoogbestuur, kostuums, dwarsdeur tot by rolspelers en ekstras, ontdek jy dalk 'n maatemmertalent wat jou gees en siel verryk en vreugde bring vir baie mense.

By Zwartkop word talente gesien as gawes wat gebou en gedeel kan word tot eer van die Here.

Terug na bo


Solosang – Ligte Musiek

Solosang kan by Hoërskool Zwartkop as vak of as buitemuurse aktiwiteit beoefen word.  
Oudisies, produksies, liedjies, oefen en nogmaals oefen, rolle, hoofrolle, optredes, klank, ligte, aksie!
Stemontwikkeling, mikrofoon- en verhooggebruik, liedjiekeuse en vertolking en die heerlike uitlewing van talent geniet hoogste prioriteit.  Ons neem deel aan plaaslike, provinsiale en nasionale-sangkompetisies en verwerf so kleure en erekleure vir kultuur.

Zwartkop spog al jare met die sukses wat soliste op plaaslike en nasionale vlak behaal. 'n Magdom aspekte van sang en uitvoering word deur soliste meegemaak en die verhoog word 'n bekende leefwêreld! Opnames van ons jaarlikse  Zwarrie-stemme CD bring selfs die belewenis van die ateljee ervaring aan gekeurde soliste.
Wanneer ons nie doenig is by vele skoolfunksies en produksies nie, reël ons optreegeleenthede by musiekdae of -feeste in die omgewing.
Die solistegroep bestaan uit bykans 40 lede wat mekaar oral op die hart dra!

Zwarrie soliste het al bekendheid verwerf na skool:
Liesl Kriel is in die bekende groep Shine 4.
Rozelle Blackie en Nadia Beukes is lid van die akapella groep “Cut Glass”.
Marlé Jacobz en Henry Scott het Teatertegnologie en Musical Theatre gaan studeer en is tans deel van vertonings wat in die Performer op die planke is.
Carlé van Deventer wen in 2006 die ATKV-Crecendo kompetisie.
Vinkie Killian is deel van verskeie produksies in die staatsteater.
Talle ander soliste het a.g.v. hul ondervinding en belewing van solosang in Zwartkop besluit om dit hul beroep te maak.
Dus, as jy wil sing, is Zwarrieland die in-ding!! Onthou dit! Hiér is sing ‘n groot plesier!

Terug na bo


Toeskouers

Hierdie uitsoekgroep het al 'n sterstatus van hulle eie opgebou oor die afgelope jare. Hulle  moedig nie net die Zwarrie atlete aan om vinniger, hoër en verder te reik nie, maar laat ander skoletoeskouers op hulle neuse kyk by prestige atletiekbyeenkomste!

Die murg-en-been Zwarries wat sal bloedsweet vir die ZWK span, sorg altyd vir 'n asemrowende program wat dikwels die aandag van die atletiekveld af na die stadion verskuif!  Dis 'n eenmalige jaarlikse aktiwiteit wat slegs 4 weke van gefokusde hartklop vir Zwartkop vra, maar wat onvergeetlike gees en herinneringe bou.

Terug na bo


VCSV – ZnC

Die CSV is 'n lewendige, dinamiese groeps-aksie by Hoërskool Zwartkop en word deur baie leerders en onderwysers ondersteun.  Hier leef ons, ons Christenskap by die skool uit en gee aandag  aan geestelike groei. Ons gebruik die naam Z4C wat staan vir 'Zwarries vir Christus'.    

Ons bied verskeie aktiwiteite aan  soos selgroepe, lofprysingsgeleenthede, uitreike en om bekende sprekers en sanggroepe wat getuienis lewer, uit te nooi om ons te besoek. 

Aan die begin van elke jaar hou ons ‘n pawiljoendiens wat deur die hele gemeenskap ondersteun word. By hierdie geleentheid dra ons, ons skool aan die Here op. Ons werk nou saam met die gemeenskap en nooi kerke en geestelike inisiatiewe om by ons in te skakel.

Ons Christenskap is vir ons ‘n saak van erns en ons probeer om as Zwarries ‘n verskil in Sy Koninkryk te maak.

Terug na bo