LANDLOOP

LANDLOOP

Hoërskool Zwartkop is baie opgewonde oor 2 van die skool se atlete wat in die voorlopige Suid-Afrikaanse span wat aan die Wêreld landloopkampioenskappe in Kampala Uganda op 28 Maart 2017 gaan deelneem, ingesluit is .

Simonay Weitsz het op 21 Januarie 2017 aan die proewe vir die span deelgeneem. Sy eindig naelskraap 2de en is dan nou redelik verseker om in die finale span te wees. 6 atlete word in die span opgeneem. Simonay is ook tydens die skool se Interhuis atletiekbyeenkoms as die Senior Victrix Ludorum aangewys.

Caleb Beukes neem Sondag 29 Januarie 2017 aan die proewe deel vir die seunsspan. Caleb is ook tydens die skool se Interhuis atletiekbyeenkoms as die Senior Victor Ludorum aangewys.

FOTO-UITLEG: Caleb Beukes (Gr.11); Simonay Weitsz (Gr.12).