LEON JARDINE “RY” STOF IN ANDER SE OË

LEON JARDINE “RY” STOF IN ANDER SE OË

Leon Jardine (gr.10) is opgeneem in die Junior span van Louwrens Mahoney, wenner van verskeie Nasionale titels in motorfietswedrenne. Mahoney is ‘n kranige afrigter in “off road-” en “Enduro”(Off-road oor langer afstande met baie hindernisse) – motorfietswedrenne.

Leon behaal verlede jaar in die 85cc-klas (ouderdom: 13-15) ʼn algehele tweede plek op Nasionale vlak.  Vanjaar behaal hy in die 125cc-klas (ouderdom: 15-17) ʼn tweede plek in sy eerste resies in die 125cc-klas te Bronkhorstspruit. In ʼn daaropvolgende wedren behaal hy in slegs 4 min na die wenner weereens ʼn tweede plek na ʼn vermoeiende wedren van 3 ure.  Op 22 April 2017 neem hy aan sy derde 125cc-klas wedren deel en eindig eerste. Hierdie keer 4 minute voor die voorloper van die vorige twee rondtes. Leon het sy staal gewys deur net aan te hou hard werk. Hy het ʼn harde val oorleef, maar het net aanhou hard oefen om sy droom, as wenner in die 125cc-klas, waar te maak.