MADRI SCHEEPERS PRESTEER AS CHOREOGRAAF EN AFRIGTER

Madri Scheepers (gr.12) het tydens die afgelope Artisticulta Kunstefees (Dans), wat plaasgevind het van 4-5 Augustus 2017, buitengewoon uitgeblink.  Sy wen in die kategorie, 16 jaar en ouer, met  “Modern Character Group” van “Performing Art Studio” die toekenning vir beste choreograaf en afrigter. Sy is assistent dansafrigter by hierdie studio waarvan Wanya Downing die eienaar is.  Daar wag ʼn pragtige toekoms vir hierdie jong talentvolle Zwarrie.