Mediasentrum

ZWARRIELAND SE SPLINTERNUWE MEDIASENTRUM

20160128_150032

ZWIKIMEDIA: WARRIES SE SPLINTERNUWE MEDIASENTRUM

Hoërskool Zwartkop spog met ‘n moderne mediasentrum: Zwikimedia. Die sentrum is 'n gerekenariseerde inligtingsentrum wat ‘n rekenaarafdeling met gratis internet, kleurdrukker, boeke-afdeling, tydskrifafdeling, studiehokkies, konferensiefasiliteite en 'n skoolargief insluit.  Daar is ook ‘n groot LCD televisieskerm en “Blu-ray” 3D-speler geinstalleer waarop leerders na nuusgebeure, asook ons eie Zwarrie-foto’s en Zwarrie-nuus kan kyk.

 

 Leerders word hier daagliks deur bekwame personeel en mediaprefekte vanaf 10:00 tot en met 16:00 (Maandae 10:00 – 16:30, Vrydae 8:00 -  13:45) bygestaan met hulp en advies in inligtingsoektogte (op rekenaar en andersins) en in die afhandeling van take. Leerders kom met hul navraag vir ‘n opdrag, werk op een van ons rekenaars, druk dit uit en stap uit met ‘n klaar produk!

 

Mev Martie van Niekerk is die hoofbibliotekaris. Heyno van der Walt is die hoofmediaprefek vir 2016. Media-assistente: Me E. Labuschagne, Me E. Liebenberg, Me A. Kies , Me H. Kruger en Me S. Brink (hul diensbeurte is in die namiddag)

Zwikimedia-tye:     Maandae: 10:00 - 16:30

          Dindag - Donderdae: 10:00 - 16:00

                               Vrydae:  08:00 - 13:45

 

Hoofmediaprefek Heyno van der Walt en Me. Martie van Niekerk.

Picture1

Media-leiers vir 2016

Mediaprefekte 2016

Zwikimedia: Zwarries se mediasentrum

20160127_140145

Zwikimedia-assistente 2016

Media