NOG DRIE ZWARRIES HAAL DIE KRIEKETKOLF

Hoërskool Zwartkop het met ʼn tradisie begin waar erkenning aan spelers, wat meer as 30 ligawedstryde vir die eerste krieketspan gespeel het, gegee word.  Hierdie spelers se name word op ʼn spesiale kolf verewig.  Drie seuns het die afgelope week hierdie prestasie van 30 wedstryde bereik.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hulle.

FOTO-UITLEG: Dylan van der Merwe, Darren Jansen van Rensburg, Ruan van der Merwe, Mnr. Francois Viljoen (Afrigter) en Mnr. Kevin Jackson (Krieketorganiseerder).