ONDERBURGERMEESTER JUNIOR STADSRAAD VAN PRETORIA

ONDERBURGERMEESTER JUNIOR STADSRAAD VAN PRETORIA

Die Junior Stadsraad van Tshwane (JCC) is ʼn nie-winsgewende organisasie wat die jeug en die gemeenskap van Tshwane dien. Die dienslewering is sterk gefokus op liefdadigheidsaksies en betrokkenheid in die gemeenskap om ʼn verskil te maak. Die lede van die JCC bestaan uit verteenwoordigers van 37 skole oor die hele Tshwane.  Die ampstermyn strek oor 2 jaar, wat een gr.10 en een gr.11 leerder insluit.  Heinrich Nienaber, tans in gr.11, is in 2016 nuut verkies tot die Junior Stadsraad. Hy dien nou vir sy tweede jaar op die Junior Stadsraad en is pas verkies as onderburgermeester vir die nuwe ampstermyn.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op dié kranige leerder se prestasie.