Simfonia Juventi simfonie-orkes

Een van Hoërskool Zwartkop se leerders is vanjaar weer gekies om deel te wees van die Simfonia Juventi simfonie-orkes.  Dis ‘n besondere prestasie vir die Zwarries dat 1 musikant van die skool in dié prestige Jeugsimfonie-orkes opgeneem is. Musikante van Gauteng, Limpopo en Noordwes neem, onder leiding van professor Fanie Jooste, deel aan die streng oudisies wat gedurende Januarie plaasvind.

Ignatius du Preez (gr.11) tree vir die tweede agtereenvolgende jaar saam die simfonie-orkes as violis  op.