SKRYWER VAN ZWARRIE TONEEL WAT DEURDRING NA FINAAL

Marista van Eeden matrikuleer te Hoërskool Zwartkop in 2014 . Sy neem sedert 2013 deel aan die skool se Tonele.  Sy speel die rol as “Mamma” in “Die Sandput” en “Rachel Verwey” in “Die Joiner “, waar sy vir laasgenoemde genomineer word as beste ondersteunende aktrise tydens die 2014 finaal van die ATKV Tienertoneel.  Sy voltooi 'n jaar se studies aan die Universiteit van Pretoria in onder andere Spaans, Argeologie, Antropologie en Geskiedenis waar sy aangewys word as die beste eerstejaar Geskiedenis student.  Sy is tan besig met haar BA-graad in “Motion Picture Medium” by AFDA in Johannesburg, waar sy in filmregie en skryfwerk spesialiseer. Sy is ook huidiglik betrokke as regisseur, skrywer en akteur in die toneelstuk, Polka.  Sy is ook die skrywer en mede-regisseur van vanjaar se toneel, Hospitaal 224, waar sy die prys vir die beste nuutgeskrewe teks by die Reza de Wet -fees ontvang. Hoërskool Zwartkop het Hospitaal 224 opgevoer en as wenners uitgetree tydens die Pretoria Eisteddfod kompetisie en na verskeie ander toekennings dring hulle deur na die ATKV Tiener Toneelfees Finaal in Kaapstad. Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op Marista se goeie werk en hou verseker haar loopbaan in die toekoms dop.