Mnr. & Mej. Zwarrie

Oktobermaand…spogtyd…glans en swier!

In Zwarrieland is almal in rep en roer, want daar word weereens gesoek na ons eie Mnr. en Mej. Zwarrie!

Uit 90 inskrywings moet daar aan die einde net 10 seuns en 10 meisies gekies word. Om die gunstelinge te kan kies, word daar onderhoude gehou, borge ingesamel en semi-finale in die vierkant voor die skool gehou, waartydens leerlinge ook 'n geleentheid kry om te kan stem vir hulle keuse.

Dan…die kroning! Wat 'n genotvolle aand. 'n Hele vertoning word aangebied deur die finaliste, waarna meisies asemrowende aandrokke vertoon.

Natuurlik is dit die opwinding en eer daarvan om deel te neem aan die kompetisie, wat die finaliste laat oefen en borge insamel. 'n Groot dankie vir hul harde werk, is egter die pryse  wat onder die wenners, naaswenners en ander finaliste verdeel word. Daar word elke jaar met opgehoue asems uitgesien na nog 'n spoggeleentheid!

Maar na die groot kroning is alles nie verby nie. Dan raak die finaliste betrokke by verskeie liefdadigheidsorganisasies en ploeg so terug in die skool se gemeenskap. 

 

Ons jaarlikse Mnr & Mej Zwarrie is altyd ‘n glansryke geleentheid.  Hulle is in 2014 by ‘n glansgeleentheid aangewys en lyk die uitslae soos volg:

 

Mnr Persoonlikheid: Pieter Schoeman

Mej Persoonlikheid: Anika van Achterbergh

Mnr Fotogenies: Juandre von Molendorff

Mej Fotogenies: Carmen Steenkamp

2de Prins: Pieter Schoeman

2de Prinses: Juane van Dyk

1ste Prins: Armand Malan

1ste Prinses: Carmen Steenkamp

Mnr Zwarrie: Coenie Ackermann

Mej Zwarrie: Nadia Olivier

 

coen coen 2