Sport

Atletiek
Bergfietsry / Padfietsry
Dogterskrieket
Gholf
Hokkie
Krieket
Landloop
Muurbal
Netbal

SPORT KONDISIONERING 

Noodhulp
Perdesport
Rugby
Sagtebal
Skaak
Swem
Tafeltennis
Tennis

Atletiek

Hoërskool Zwartkop bied talle geleenthede aan die gemiddelde- en topatleet en beskik oor ’n goeie atletiekbaan met kunsaanlope vir verspring, hoogspring en spiesgooi. Hoërskool Zwartkop beskik ook oor puik afrigters in elke item waarvan drie selfs Springbokke was. Ons bied aan die begin van elke jaar ’n graad 8-byeenkoms aan waar elke leerder die geleentheid kry om aan alle items deel te neem. Die skool se atletiekspan geniet hoë aansien en baie uitnodigings na topbyeenkomste word ontvang. Hoërskool Zwartkop is tans die enigste skool in Centurion wat aan die NWU-PUK Super 16 deelneem.

Ons neem elke jaar aan die volgende byeenkomste deel: Interhoër, sewe vriendskaplike byeenkomste, NWU-PUK Super 16, Pretoria TUT Top 12, Elardus Erasmus Top 20, Noordheuwel Top 15, NWU-PUK Top 30 en Prestige College Top 10.

Leerders kompeteer in drie huise teen mekaar by die interhuis-atletiek. Die kompetisie is fel en entoesiasme borrel oor by die atlete. Gedurende die Desember vakansie, vind ’n atletiekoefenkamp plaas. In 2013 en 2014 was hierdie kamp in Durban gehou. Nuwe graad 8’s word ook uitgenooi om die jaar só slaggereed te begin.

Oefentye is soos volg: Maandae tot Donderdae na skool en soms ook Saterdae soos deur die afrigters gereël. 

Terug na bo


Bergfietsry / Padfietsry

Bergfietsry

Facebook logo (2)

Zwarrie MTB Span 2014 - Tour de Dam

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Bergfietsry is besig om vinnig opgang by Hoërskool Zwartkop te maak en ons spog nou met ʼn hele span uitmuntende fietsryers!

Die Spur in samewerking met Anatomic bied ‘n Hoërskole Bergfietsreeks aan vir fietsryers van ouderdomme 13 tot 18 jaar. Die eerste skole-byeenkoms begin in Julie 2015. Die reeks bestaan uit vier wedrenne en word aangebied by verskeie skole gedurende Julie, Augustus & September maand. Die seisoen eindig met ʼn Nasionaal finaal in Oktober waar skole van 9 Provinsies asook Namibia & Botswana deelneem vir die ekslusiewe Nasionale Skool beker.

Oefeninge vind Dinsdae om drie uur plaas saam met Pierre Nel ( ʼn profesionele bergfietsry afrigter ) van XCOSA. Almal ontmoet by die skool se boonste parkeerarea.

Zwarries wat belangstel om deel te word van die span stuur n epos aan : zwarriesmtb@gmail.com

As jy wil fiks word en pret hê is die ʼn wonderlike sport om van deel te word. Energie, entoesiasme , n bergfiets en helmet is al wat jy nodig het!

Kyk na ons facebook-blad Zwarrie MTB vir foto’s & inligting.

Hoogtepunte van 2013

Hoërskool Zwartkop het aan die Hoërskole bergfietsry reeks deelgeneem met n span van van 21 leerlinge.

Na die eerste rondte by Tour de Dal het Zwarrie MTB hul merk gemaak en eindig in die Top 10.

Tour de Dal                             -           8st

Tour de Dam                           -          6st

Tour de Plaas Finaal               -           8st

Die skool het n algehele 8ste plek behaal uit 70 skole in Gauteng!

Nieke du Toit & Helene Wentworth het die Zwarrie meisies se naam hoog gehou.

Die span het by elke byeenkoms uitgestaan met hulle nuwe fietsry hempies.

Die u/16 seuns het hulle afdeling  by elke byeenkoms gewen en was ook die reeks wenners.

Hoërskool Zwartkop was een van die Top 4 skole in Pretoria en was genooi na die Hoërskole Bergfiets Nasionaal.

Zwarrie se Super 12 het die skool gaan verteenwoordig by Hoërskool Bekker in Magaliesberg.

Super 12 Span - 2013

Enrico Deysel, Aldin Haupt , CJ van Eyk , Jacques Lloyd ,Edward McKenzie , Hugh Webb , Mario Hattingh, Francois Terblanche , Hendrik Pretorius, Frans Nel, Sean Botha , Ivan Botha

Jacques Lloyd in Gr.10 was gekies vir die Gauteng span. Net die top 3 per ouderdomsgroep word gekies vir die Gauteng span.

Zwarries het fantasties gedoen en die Gauteng span het ook gewen.

Zwarrie MTB het n uistekende seisoen gehad en het groot planne vir 2014!

Die fietsryers van Hoërskool Zwartkop het regdeur die jaar deelgeneem aan verskeie ander wedrenne en hulself bewys met vele podium posisies en pragtige konstante prestasies wat ‘n aanduiding is van uiters talentvolle leerlinge.

Bergfiets in Zwarrieland is gesond en lewend!

20130817_084153

Zwarrie MTB Team 20130922_111942 20130817_083857 20130727_095236 DSC_8154

DSCN2771

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

10297551_10204713513096571_3297436406710501214_n 10393542_10204713515376628_8463806509145253803_n 10509731_10204713476015644_775280370897718240_n 10606478_10204713501736287_7872531536036367007_n

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Dogterskrieket

Daar word krieket aangebied vir meisies van alle ouderdomme by Hoërskool Zwartkop.  Oefening begin die derde kwartaal en proewe word gehou voor die Oktobervakansie.  Die ligawedstryde vind vroeg in die vierde kwartaal plaas.

Die meisies verteenwoordig die skool met trots en wen die wes-sentrale liga in Pretoria asook die Stadsbeker agtereenvolgens in 2011, 2012 en 2013.

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Gholf

Hoërskool Zwartkop neem deel aan die Gauteng-Noord Gholfliga met agt spanne wat ingeskryf is.  Hoërskool Zwartkop het al twee keer in 'n ry die Gauteng-Noord golfliga vir topspelers (voorgee onder 6) gewen.  

Jaarliks word daar 'n toer Suidkus toe onderneem.  Ander vriendskaplike uitstappies sluit in Mabalingwe en Sun City, waar daar heerlik gekuier en golf gespeel word.

Die golf by Hoërskool Zwartkop "kook"!

Terug na bo


Hokkie

ZWARRIE HOKKIE IS AAN DIE BRAND!

hokkie

 

 

 

 

 

 

 

 

Zwartkophokkie

Reekse en ligas en hoeveelheid spanne wat hierby ingeskryf word:

Puk Prestige Reeks – Dogters A en B spanne (o/14; o/15;o/16 en oop-spanne);  Seuns O/16A en 1e span

Northerns Blues Hokkieliga.  Seuns A spanne – A Liga Makro-skole

Seuns B spanne – D Liga

Dogters – B Liga Makro-skole

 

Tyd van die jaar waarin sportsoort plaasvind:

Voorseisoen begin aan die begin van Februarie.

Liga eindig gewoonlik in Julie. 

Kondisionering vind plaas van Juliemaand.

Voorseisoen begin weer Augustus tot Oktober

Afseisoen is November en Desember

 

Fasiliteite:

2 Opgegradeerde hokkievelde en daar word van TUT se astro gebruik gemaak 

Afrigters (Kwalifikasies en prestasies):

Me. Elmien van den Berg  Hokkieorganiseerder

Mnr. Graham Johnsen Seunsorganiseerde

18 ervare passievolle afrigters – almal het SAHA vlak 0; vlak 1 of vlak 2 afrigterskursus geslaag.

 

Kontakbesonderhede: Hoof van aktiwiteit:

Me. Elmien van den Berg

EPOS: hokkie@zwarries.co.za

Tel nr:  012 654 8041 x 238

Mnr. Graham Johnsen

EPOS: seunshokkie@zwarries.co.za

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Krieket

ZWARTKOP SE KRIEKET KOOK

By  Zwarrieland is Krieket vir ons n prioriteit en is ons doelwit om ons te vestig as een van die top Krieketspelende skole in Pretoria. 

Mnr. Kevin Jackson, iemand wat self verteenwoordigende krieket gespeel het, is ons Krieketorganiseerder. Hy is ook ons 1ste Span Afrigter en is voltyds  betrokke by afrigting met ons Elite Groepe.

Ons is trots om te kan noem  dat ons   oor van die  heel  beste  fasiliteite in Pretoria het:

  • Een van die modernste binnenshuise krieketsentrums.
  • Twee krieketvelde  met  turfkolfblaaie.
  • Oefennette wat opgegradeer is en aan die hedendaagse eise voldoen.

Verder word Krieket as 'n vak, met 'n teoretiese en 'n praktiese komponent  aangebied in graad 8 en 9.

Ons speel met 7 seuns spanne in die liga - aangebied onder die vaandel van die Northens Cricket  Union. Ons het ook 2 dogters krieket spanne.

Ons  woon met van ons spanne ook klinieke en afrigtingskursusse gedurende vakansies.  

Ons nooi u uit om deel te word  van Zwarrie Krieket  en om ons Krieket na 'n nuwe vlak te neem. 

Terug na bo


Landloop

In Hoërskool Zwartkop glo ons wanneer dit by landloop kom in die ABC-benadering -ANYBODY CAN. Atlete met geen atletiekagtergrond vanuit die laerskool nie, het al as Zwarrie-atlete ontwikkel tot atlete wat op nasionale vlak skitterend presteer het. Die landloopatlete van Hoërskool Zwartkop is ’n gemotiveerde en gedissiplineerde

groep atlete wat ’n strawwe oefenprogram volg. Mnr. Willie Engelbrecht, ʼn top A.S.A. Vlak 3 Nasionale afrigter is vanaf April 2014 die landloop en middelafstand afrigter by Hoërskool Zwartkop.

Daar word ook elke jaar ’n oefenkamp gedurende die Julie skoolvakansie gehou.

Die doel van die oefenkamp is enersyds om goeie spangees onder die atlete te bou, maar andersyds om elke atleet voor te berei vir die hoogseisoen van die landloop wat na die Julievakansie volg. Daar word ook die heeljaar lank geoefen om die leerders reg te kry vir toekomstige wedlope. Oefentye is soos volg: Maandae tot Donderdae na skool, en Saterdae. 

Terug na bo


Muurbal

MUURBAL IN ZWARRIELAND

Sedert 2010 neem Zwartkop deel aan die Pretoria Hoërskoleliga.  In 2014 was daar 6 spanne wat deel was van die liga. Daar is reeds verskeie spelers wat provinsialekleure verwerf het oor die afgelope aantal jare. 

In 2014 het 7 spelers Gauteng Noord verteenwoordig by die SA Kampioenskappe.

Zwartkop skryf spanne in die 0/14, 0/16 en 0/19 ouderdomsgroepe in.  Sedert 2013 het Zwarries ook ‘n dogterspan wat aan die liga deelneem.  In 2014 wen die dogters die B-liga en promoveer  dan om in 2015 in die A-liga deel te neem.

Die skool het ‘n baie goeie samewerkings ooreenkoms met Centurion Junior Muurbal en ‘n groot deel van ons spelers skakel aktief daarby in. 

Het u geweet dat Centurion een van die mees aktiefste en grootste junior muurbal  groepe in Suid Afrika het?  By Centurion Junior Squash kry juniors vanaf voorskool tot en met Gr12 op 'n weeklikse basis afrigting en ondersteuning om hulle te begelei  vanaf beginner  tot  provinsiale  muurbal speler.



 

 

 

 

 

 

 

Ek nooi u uit om meer oor hierdie dinamiese groep te gaan lees by www.cjsquash.co.za



 

 

 

 

 

 

 

Alle inligting, afrigtings tye en kostes op ons webblad.  Indien u wil reël  vir 'n gratis eerste sessie kontak gerus Maryna Fourie by info@cjsquash.co.za of 072 130 9381

Terug na bo


Netbal

Arthur Ashe het gesê:  “Success is a journey, not a destination. The doing is more important than the outcome.”

Alhoewel oorwinning die doelwit is wat ons nastreef in Zwarrieland, is die pad wat ons moet stap om daardie doel te bereik dit wat werklik saak maak. Dit is vir Hoërskool Zwartkop belangrik om die basiese vaardighede asook die strategiese en taktiese spel van netbal vas te lê om te verseker dat ons tot ons volle potensiaal presteer.

Ons skool beskik oor uiters bekwame en gemotiveerde afrigters wat die spelers ondersteun op hulle pad na netbalsukses. Ons gebruik ook ‘n wye verskeidenheid apparate en oefen in ons goed toegeruste kondisioneringsentrum om te verseker dat die spelers gereed is vir elke wedstryd. Die netbalbane word ook opgeknap en kry ‘n splinternuwe voorkoms vir die komende seisoen.

Zwartkop neem elke jaar deel aan die Puk Prestige reeks asook die Jubilee A-liga vir groot skole. Ons spanne toer elke jaar om die spelers aan meer baantyd bloot te stel en om spangees te bevorder.

Ons prestasies in 2016 getuig van ons strewe na sukses. Die 0/14 A- span het beide die Jubilee liga en die Gautengkampioenskappe gewen. Die 0/16 A-span het as wenners uit die stryd getree in die Puk Prestige reeks sowel as die Gautengkampioenskappe. Die 0/16 A’s het ook ‘n silwer medalje verower tydens die Suid-Afrikaanse Skole Netbalkampioenskappe.

Ons netbalfamilie is gefokus op die pad na sukses sowel as die roete wat ons moet volg om daar uit te kom. Ons passie vir netbal is die dryfveer agter ons respek vir die sport, mekaar en onsself asook motivering om te presteer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Noodhulp

NOODHULP  BY  ZWARRIES.

Zwarrie leerders het die geleentheid om deel te wees van die skool se noodhulpspan.

Daar word elke jaar aan die begin van die eerste kwartaal `n noodhulpkursus by die skool aangebied.

Instrukteurs van `n professionele noodhulpmaatskappy lei die noodhelpers op om noodsituasies, sportbeserings en algemene beserings doeltreffend en professioneel te hanteer.

Leerders kan die vlak 1 en 2 kursus gelyktydig doen, en indien hulle die vlak 2 kursus geslaag het,  kan hulle die volgende jaar die vlak 3 kursus doen.

Leerders kan vrywillig by die skool se noodhulpspan aansluit en vir die skool diens doen.

Noodhelpers werk onder die wakende oog van paramedici wat by Zwartkop diens doen.

Noodhelpers wat gereeld diens doen vir die skool kry erkenning vir hul harde werk.

Hulle verdien `n Sertifikaat van Verdienste indien die hulle ten minste 80% diens gedoen het deur die jaar.

Indien hulle vir 2-3 jaar 80% diens gedoen het by groot byeenkomste  en hul vlak 3 verwerf het, kan hulle Kleure verdien.

Erekleure word toegeken indien hulle vir 4 jaar diens gedoen het of 3 keer kleure verwerf het en hul vlak 3 verwerf het.

Terug na bo


Perdesport

Zwarrie-ruiters pronk met spogprestasies

‘n Sport in Zwarrieland wat met groot passie gedryf word, is perdry.  Ons ruiters neem aan verskeie klubkampioenskappe en skole-wedrenne deel.  Ons skool lewer ook oor jare top prestasies by die interskole-perdrykampioenskappe. 

Perdry geniet ook erkenning by ons meriete-aande en is ons trots op ons Zwarrieruiters wat met hierdie edel sport hul passie uitleef.

perde

Terug na bo


Rugby

Ongeveer 15 spanne word jaarliks ingskryf in die makro skole kompetisie van die Blou Bulle.  Zwartkop is vanaf 2003 deel van die Puk Prestige Sportreeks wat dien as voorbereiding vir die liga. 

Zwartkop neem ook deel aan die Noorvaal 7’s reeks. 

Zwartkop beskik ook oor:

  • 3 standaard rugbyvelde,
  • 2 skrummasjiene,
  • Spreiligte op die A veld,
  • Spesiale ontwerpte elektroniese telbord.

Hoërskool Zwartkop beskik ook oor ‘n kondisineringsentrum onder leiding van ‘n gekwalifiseerde kondisionerings afrigter asook ‘n unieke 1ste spankamer.

In 2016 het Hoërskool Zwartkop 6 provinsiale spelers opgelewer.

Oor die jare het Zwarries op die Rugbyveld besondere prestasies gelewer:

  • Die 1ste span het al by 2 gelenthede die stadsbeker verower. In 2010 en 2011.
  • In 2016 het Hoërskool Zwartkop die Classic Clash teen
    Eldorainge gewen.
  • Christo Bezuidenhout was 2003 as Springbok gekies en Marius Delport word in 2004 vir die SA 0/19 (Junior Bokkies) gekies beide is oud Zwarries
  • In 2014 en 2015 speel ons 0/14, 0/15 en 0/16 in die Blou Bulle uitspele
  • In 2016 speel ons 0/15 en 1ste span in die Blou Bulle uitspele

Rugby by Zwartkop bied ‘n uitstekende geleentheid vir enige seun wat in die sport wil uitblink.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Sagtebal

Sagtebal is 'n dogterssport vir die derde kwartaal. Daar word sewe spanne vir die liga ingeskryf en die spanne word ingedeel volgens die ouderdomsgroepe o/14 A1 en A2, o/15 A1 en A2,  o/16 A1 en A2, en o/19 A1 en A2. Ons skool streef daarna om ook in hierdie sportsoort te presteer deur van uiters bekwame afrigters gebruik te maak en ook jaarliks 'n kursus vir voornemende sagtabalspelers aan te bied.

Zwarries kan ook met trots sê dat daar elke jaar 'n provinsiale speler of twee uit ons skool aangewys word!

Terug na bo


Skaak

 

 

 

 

 

 

Skaak word by Hoërskool Zwartkop in die eerste  en tweede kwartaal gespeel. Na die Interne toernooi word spanne gekies. Aan die NWU-PUK Prestige Sportreeks neem 'n junior en senior span deel  (wedstryde op Vrydae ) en drie spanne neem deel aan die D4 Liga wedstryde op Donderdae. Individuele leerlinge neem ook deur die jaar onafhanklik van die skool deel aan  Chessa  toernooie om in aanmerking te kom vir provinsiale en nasionale skaakspanne.

photo 3photo 2

 

 

 

 

 

 

photo 1a1

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


Swem

In die eerste kwartaal is daar drie vriendskaplike galas wat plaasvind voordat ons aan die Interhoër deelneem. Ons maak gebruik van die vriendskaplike galas om ons Interhoër swemspan te kies. In die vierde kwartaal is daar weer drie vriendskaplike galas wat plaasvind.  Omdat ons nie ‘n swembad het nie, verwag ons dat ons leerders by buite klubs aan sluit om te oefen.  Swemmers mag net twee individuele items asook twee aflosse by die Interoër swem.  

Swem kan ‘n alleen sport wees wat baie selfdissipline verg, maar met baie oefen verwag ons groot dinge in die swembad vir Hoërskool Zwartkop.

Terug na bo


Tafeltennis

Tafeltennis is ʼn unieke sportsoort wat by Hoërskool Zwartkop aangebied word en ons skop reeds gedurende die eerste kwartaal af.  Daar word van ʼn professionele buite-afrigter gebruik gemaak om vir die spelers spesifieke vaardighede aan te leer. 

Die proewe word aan die einde van die 1ste kwartaal gehou waar twee spanne saamgestel word met nege spelers in die A-span en nege spelers in die B-span.  Beide spanne neem jaarliks tydens die 2de kwartaal aan die Gauteng-Noord Skoleliga deel en presteer puik in hierdie liga.

Baie van ons Zwarrie-spelers het reeds provinsiale kleure in hierdie sportsoort verwerf.  Die Centurion klub van die Gauteng Noord Tafeltennis Vereniging oefen gedurende die aande by ons skool en leerders is meer as welkom om ook by hierdie klub aan te sluit.

Terug na bo


Tennis

TENNIS

Hier by Hoërskool Zwartkop is tennis GROOT!

Die jaarprogram lyk soos volg:

Die eerste kwartaal skop af met die Graad 8 kampioenskappe. Kort daarna begin die jaarlikse liga wedstryde. Die liga wedstryde vind tydens die eerste en tweede kwartale plaas. In die derde kwartaal vind die Zwarrie Kampioenskappe plaas en daarna word die ranglys gefinaliseer. Daagwedstryde vind vanaf Oktober tot twee weke voor die liga wedstryde begin plaas.

Daar is tennis oefening elke Woensdag middag, Hierdie oefeninge begin die eerste week in Februarie en duur tot die laaste week in Oktober.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo


SPORT KONDISIONERING

Sport kondisionering by die H/S Zwartkop is gemik op spesifieke en bereikbare mikpunte.

In kondisioneering word daar gefokus op sekere aspekte:

·         Spoed

·         Krag(Strength)

·         Stamina

·         Soepelheid

·         Koördinasie asook vaardighede

Dit sluit in die leer van die regte oefentegnieke met gewigte, motivering van deelname in sport en oefening, en die toets van spelers.

Daar word aandag gegee aan die verskillende aspekte soos die seisoen se verloop in Voorseisoen,in-seisoen en buite-seisoen(Hypertrophy Phase) blokke.

Voorseisoen/in-seisoen/buite-seisoen:

Voorseisoen word gefokus op die volgende aspekte

·         Spoed

·         Krag

·         Soepelheid

Inseisoen gefokus op

·         Spoed

·         Instandhouding van krag asook soepelheid

·         Stamina en fiksheid

 

Buite-seisoen (Hypertrophy Phase) gefokus op

·         Maksimum krag

·         Spier bou

IMG_0958 IMG_6218 IMG_6237

 

 

 

 

 

 

IMG_0959

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo