TWEE ZWARRIES MIK HOOG

Rian van Rensburg (gr.8) en Dries Cornelius (gr.9) is opgeneem in die Gauteng boogskietspan wat aan die nasionale kampioenskappe te Uitenhage gaan deelneem. Slegs 16 skuts uit Gauteng neem in boogskiet op nasionale vlak deel, wat dan hierdie prestasie nog meer uitsonderlik maak.  Hoërskool Zwartkop is baie trots op hierdie twee skuts.

FOTO-UITLEG: Rian van Rensburg en Dries Cornelius