Vyf van ons atlete neem op 31 Maart 2017 aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe in Durban deel.

5 Atlete van Hoërskool Zwartkop het na die afgelope naweek se Gauteng Atletiekkampioenskappe gekwalifiseer om aan die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe op 31 Maart 2017 in Durban te gaan deelneem. Die Zwarries is baie trots op hierdie atlete se harde werk en volgehoue prestasies.

FOTO-UITLEG

Agterste ry: Mnr. Wimpie Nel (Afrigter: naellope en hekkies); Mnr. Willie Engelbrecht (Afrigter: middel-en langafstande);   Mnr. Leon Rheeder (Afrigter: Spiesgooi)

Voorste ry: Danica Strydom (400m Hekkies); Mariska Jonker (100m); Caleb Beukes (2 000m Hindernis); Simonay Weitsz (800m & 1500m); Iné Smit (Spiesgooi).