XANDER VAN DER MERWE VERWERF GROEN EN GOUD IN DRIEKAMP

Xander van der Merwe (gr.11) het die SA-titel in Driekamp, kategorie: Mans 16-17 jaar, verower.  Met hierdie spogprestasie kwalifiseer hy om in Augustus 2017 te Penticton, Kanada aan die ITU (International Telecommunication Union) Multisport Wêreldkampioenskappe in Driekamp (Triathlon) deel te neem.  Hierdie kompetisie bestaan uit drie bene: 800m Swem, 14km Fietsry en 4km padwedloop.  Hierdie is voorwaar ʼn skitterende prestasie vir Xander om op al drie hierdie terreine uit te blink. Triathlon Suid-Afrika wys Xander aan as Junior Elite-atleet.  Hierdie is ʼn uitmuntende prestasie en Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op Xander.