ZWARTKOP 0/16A SAGTEBAL SPAN; GAUTENG WENNERS

SAGTEBAL

Twee Sagtebal spanne van Hoërskool Zwartkop het hierdie jaar groot mylpale bereik toe die 0/15A dogters as Tshwane Plaatwenners aangewys is deur AHMP 12-5 te klop en die 0/16A dogters as die Tshwane Kampioene aangewys is deur Centurion 14-7 te klop.

Die historiese sportgebeurtenis het plaasgevind by Crafford Stadium in Tshwane op Saterdag 15 Oktober 2016 en ten spyte van die hitte het ouers, vriende en familie die opwindende sport en spelers ondersteun.

Die 0/16A dogters het deurgedring na die Gauteng Finale wat gehou was op 22 Oktober 2016 by Crafford Stadium, geborg deur Gauteng Sport Council.  Tydens hierdie kampioenskappe het die balle letterlik getrek tussen die verskillende distrikte van Gauteng. 

Die 0/16A Sagtebal span van Hoërskool Zwartkop word gekroon as die Gauteng Sagtebal Kampioene nadat hulle teen Hoërskool Aurora 28-0 en Hoërskool Oosterlig 20-0 gewen het.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie mooi prestasie.

Baie geluk ook aan Francé Price wat opgeneem is in die Blue Sox span en Suné Hermann en Marni de Vries wat gekies is vir die Red Sox span. Hierdie is voorwaar puik prestasies.

ZWARKOP 0/16A SAGTEBAL SPAN; GAUTENG WENNERS

FOTO-UITLEG: Agterste ry: Bianca Nieuwoudt; Beate Els; Micaela Swart; Nicola Hattingh; Natasha Hattingh en Coa-nè Botha.

Voorste ry: Nika Myburgh; Francé Price; Suné Hermann; Afrigter: Me. Joey Engelbrecht

sagtebal-gauteng-wenners