Zwarrie Atleet Presteer

Die Zwarries is in die besonder vandag baie trots op Simonay Weitsz, ʼn onder 19 dogter en in graad 12 by Hoërskool Zwartkop,  wat uitsonderlik presteer het in Landloop.

Die Suid-Afrikaanse span na die Wêreld landloopkampioenskappe is pas aangekondig.  Simonay Weitsz is in die span opgeneem om op 26 Maart 2017, te Kampala Uganda, haar land te gaan verteenwoordig. Simonay word al etlike jare deur mnr. Willie Engelbrecht afgerig, wat ook Hoërskool Zwartkop se atletiekorganiseerder en middelafstand-en landloopafrigter is.  Hy is beslis ʼn trotse afrigter en die Zwarries is saam hom dankbaar en opgewonde oor 26 Maart 2017.