ZWARRIE DOGTERS SLINGER DIE SPIESE

Drie dogters van Hoërskool Zwartkop het die afgelope week elkeen meer as 1000 ABSA-punte in Spiesgooi in hul onderskeie ouderdomme tydens ʼn Top-20 byeenkoms te Naboomspruit behaal. 

  • Leandi Conradie(0/14)          -   36,28m    -   1030 ABSA-punte
  • Iné Smit (0/15)                      -   39,88m    -   1009 ABSA-punte
  • Lianka J v Vuuren(0/14)       -   38,49m    -   1160 ABSA-punte

Hierdie is voorwaar uitsonderlike prestasies vir hier jong dogters.. Hoërskool Zwartkop is saam hul afrigter, mnr. Leon Rheeder baie trots op hul prestasies.  Dis drie dogters om gerus in die toekoms dop te hou.

FOTO-UITLEG: Leandi Conradie; Iné Smit en Lianka J v Vuuren