ZWARRIE FIETSRYER OPGENEEM IN GAUTENG-SPAN

Hoërskool Zwartkop sluit hierdie jaar die fietsryseisoen af deur weer een van die top skole te wees wat Gauteng tydens die finaal verteenwoordig het. Die kaptein van die span, Estiaan Biewenga, is na aanleiding van sy skitterende prestasies tydens drie ligawedrenne, in die Gauteng fietsryspan opgeneem.  Dit het baie harde werk en deursettingsvermoë geverg om in sy matriekjaar hierdie prestasie te kon bereik.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op Estiaan.