Zwarrie-FM steek kers op by GrootFM 

Zwarrie-FM steek kers op by GrootFM 

Die omroepers van Zwarrie-FM het Donderdag, 17 Augustus 2017, ‘n draai by GrootFM se ateljee gaan maak.  Boekejol en Filmrolfees, in samewerking met GrootFM en Maroela Media, bied jaarliks ‘n omroeperswerkswinkel aan.  Hierdie werkswinkel gee die publiek die geleentheid om te sien wat agter die GrootFM-skerms aangaan.  Vanjaar het Marné Papenfus, Wian Coetzee en Erika Richardt die werkswinkel bygewoon.  Tydens die werkswinkel het ons Zwarrie-FM omroepers met die gesogde span van GrootFM skouers geskuur.  ‘n Verskeidenheid onderwerpe is bespreek, beoefen en beproef, o.a. Musiek deur Izaan Steenkamp, Verslaggewing deur Lindie Strydom en Nuus deur Francois Botha en Susan Botha. Su-an Müller-Marais het onderhoudvoering in diepte behandel.  Oud-Zwarrie, Hendri Myburg, het opnames en voorlesing met entoesiasme aangebied.  Ons sê dankie aan die GrootFM span vir hierdie leersame ervaring.NAME VIR FOTO-UITLEG: Marné Papenfus; Wian Coetzee en Erika Richardt