ZWARRIE GHOLFSPELERS PRESTEER

Reuben Bakker (gr.12) word in 2017 aangewys as die klubkampioen van “The Els Club”. Hy is die vorige seisoen opgeneem in die Gauteng-Noord gholfspan en is tans weereens besig met Gauteng-Noord proewe.  Reuben speel tans met ʼn voorgee van 3.

Ruhan Oosthuizen (gr.11) is ook die vorige seisoen opgeneem in die Gauteng-Noord gholfspan en vorm in 2017 deel van die Top 10-gholfspelers (0/19) van Gauteng-Noord.  Hy is tans weereens besig met Gauteng-Noord proewe.   Ruhan beklee huidiglik  die nommer 1 posisie in gholf by Hoërskool Zwartkop,  met ʼn voorgee van 2.

Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie twee gholfspelers.

FOTO-UITLEG: Reuben Bakker en Ruhan Oosthuizen​