ZWARRIE LEERKRAG BLINK UIT

ZWARRIE LEERKRAG BLINK UIT

Mev. Shona van der Merwe, sportkondisioneerder by Hoërskool Zwartkop, het die afgelope naweek weereens uitsonderlik presteer. 

Shona het ʼn eerste plek behaal as Bikini model (ouderdom 30+) tydens die “WFF (World Fitness Federation) SA International Pro-am Pretoria classic competition”.  Met hierdie prestasie ontvang sy haar “Pro-card” en neem daarna deel aan die “Pro- bikini models”- kompetisie, wat alle kategorieë insluit en behaal ʼn algehele derde plek in die “Professional”- afdeling.  Hierdie uitsonderlike prestasie besorg aan haar ‘n uitnodiging om volgende maand in Rio de Janeiro aan die “WFF Universe” te gaan deelneem. 

Shona het ʼn paar weke gelede aan die SAMA (Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe) te Kaapstad deelgeneem en twee goue medaljes verower in onderskeidelik die Heptathlon (7-kamp) en die 4x100m-aflos vir die Gauteng-Noord Dames A-span.

Sy is verseker ʼn dame met verskeie talente.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op haar!