ZWARRIE ONNIE SA 7-KAMP KAMPIOEN IN KATEGORIE (30-34)

ZWARRIE ONNIE SA 7-KAMP KAMPIOEN IN KATEGORIE (30-34)

Mev. Shona van der Merwe, sportkondisioneerder by Hoërskool Zwartkop, het die afgelope naweek uitsonderlik presteer. 

Sy het aan die SAMA (Suid-Afrikaanse Meesters Atletiekkampioenskappe) te Kaapstad deelgeneem en twee goue medaljes verower in onderskeidelik die Heptathlon (7-kamp) en die 4x100m-aflos vir die Gauteng-Noord Dames A-span.

Shona het die afgelope paar maande baie hard geoefen in haar voorbereiding vir die 7-kamp. Heptathlon bestaan uit 7 items, nl. 100m, 200m, 800m, Hoogspring, Verspring, Spiesgooi en Gewigstoot.  Die onderskeie atletiekafrigters van Hoërskool Zwartkop het almal ingespring en gehelp om die droom van Shona waar te maak.  Shona het bogemiddeld presteer om in haar eerste Heptathlon met goud te kan spog.

Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op haar!