ZWARRIE PIANISTE PRESTEER

ZWARRIE PIANISTE PRESTEER

  • Kyle Adlam is tydens die Artisticulta kunstefees aangewys as die beste senior klavierspeler
  • Pieter Pienaar neem aan die “KIDS WITH TALENT SOUTH AFRICA” -kompetisie deel en wen die klavierkategorie en eindig ook algeheel tweede in die kompetisie

Hierdie is voorwaar skitterende prestasies en Hoërskool Zwartkop is uitsonderlik trots op hulle!  Tokkel so voort manne.

FOTO-UITLEG: Kyle Adlam en Pieter Pienaar