ZWARRIE PREFEKKORPS 2017-2018

Hoërskool Zwartkop het die afgelope week die hoofleiers vir die termyn 2017/2018 aangekondig. Die skool is saam die nuwe hoofleiers baie opgewonde oor hulle nuwe dienstermyn.  Die skool het ʼn tradisie waar die uittredende leiers ʼn “Geroep om te dien” -voorskoot oorgee aan die nuutverkose leiers. Sarel Bester en Sharissa Prinsloo het hulle diensbaarheidvoorskote met trots oorhandig aan Alta Bruwer en Heinrich Nienaber. Soos elke ander jaar, is hierdie prefekkorps pragtige leerders wat deur hulle mede-Zwarries in die amp verkies is. Ons gebede vergesel hulle op hul roete.  Hoërskool Zwartkop is saam hul dankbaar vir God se genade in hul lewens en vir onderwysers, ouers en maats wat oor hul loopbaan van elf jaar help vorm en bou het.

FOTO-UITLEG: Hoofleiers: Alta Bruwer en Heinrich Nienaber.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FOTO-UITLEG: Sarel Bester (Uittredende hoofseun); Heinrich Nienaber (Hoofseun 2018); Alta Bruwer (Hoofdogter 2018) en Sharissa Prinsloo (Uittredende Hoofdogter).

 

 

 

 

 

 

 

 

 

FOTO-UITLEG: Prefekte 2017/2018