ZWARRIE REVUE 2017 WORD BEGELEI DEUR ZWARRIE ENSEMBLE ♫♫♫

Hoërskool Zwartkop is bevoorreg om ʼn Revue te kon aanbied wat deur die Zwarrie Ensemble, onder leiding van mev. Gentille Collyer, begelei is.  Hierdie talentvolle musikante het met elke vertoning die gehoor verras met hulle skitterende talent in die begeleiding van die soliste sowel as die groepitems. Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie musikante.

FOTO-UITLEG: Kobus Vorster (Kitaar); Shané Bobbert (Kitaar); Elianna de Clercq (Viool): Me. Gentille Collyer (Afrigter en Klavier); Alienke Boot (Dwarsfluit); Hanro Venter (Drom) en Eric de Klerk (Baskitaar).