ZWARRIE TENNIS PRESTEER

Hierdie vyf eerstespan tennisspelers het die afgelope week aan die twaalfde aanbieding van die Absolut Menlo tennistoernooi deelgeneem.  Hoërskool Zwartkop is baie trots op hierdie spelers wat die skool verteenwoordig het en algeheel vyfde geëindig het.  Stefan Cloete is die afgelope drie jaar die skool se nommer een tennisspeler.  Luan Bosch is ook vanjaar opgeneem in ʼn Gauteng tennisspan, wat gedurende Augustus 2017 aan ‘n Interprovinsiale Tennnistoernooi te Pretoria deelgeneem het, waarvan die span die toernooi gewen het. Hierdie prestasie is voorwaar uitsonderlik!

NAME VIR FOTO-UITLEG: Waldo Bosch, Ruben du Plessis, Stefan Cloete, Henry Jordaan en Luan Bosch.