ZWARRIE TONEEL DRING DEUR NA FINAAL TE KAAPSTAD

Die toneel, Hospitaal 224, van Hoërskool Zwartkop het besonderse hoogtepunte hierdie jaar bereik.  Hulle wen die Pretoria Eisteddfod kompetisie.  Tydens die Reza de Wet Toneelfees te Bloemfontein, word hulle as die feeswenners aangewys.  Hulle dring deur na die Top 5 tonele van die Tshwane toneelfees. Tydens die ATKV Tienertoneelfees word hulle as naaswenners by die streekfinaal aangewys en dring deur na die ATKV Tiener Toneelfees waar hulle die afgelope vakansie in Kaapstad deelgeneem het. Daar stap hulle weereens weg met verskeie nominasies en toekennings as beste ondersteunende akteurs en hoofrolspelers.  Hoërskool Zwartkop is uitsonderlik trots op hierdie toneelgroep wat onder die bekwame leiding en afrigting van die skool se Drama onderwyser, mnr Pieter Alberts, die pragtige prestasies behaal het.