ZWARRIES HOOFMEDIAPREFEK

Die veelsydige Catherine Moore is aangewys as die nuwe Hoofmediaprefek van Hoërskool Zwartkop vir 2018.  Hoërskool Zwartkop is baie trots op dié dogter wat maar slegs in gr.10 is.  Catherine is ook ‘n uitblinker op akademiese gebied (een van die top 10 in haar graadgroep) en ook ‘n kranige boogskutter.  Zwikimedia word deur die bibliotekaris mev. Martie van Niekerk bestuur.  Daar is ʼn span medialeiers wat onder leiding van Catherine en mev. Van Niekerk in die mediasentrum funksioneer.

FOTO-UITLEG: Catherine Moore en Me. Martie van Niekerk