ZWARRIES IN “AKSIE”

ZWARRIES IN “AKSIE”

Sewe van ons dogters neem aan die O/18 Interprovinsiale Aksie-netbaltoernooi (IPT) gedurende die afgelope vakansie deel en eindig algeheel in die tweede plek.

Marichelle Visagie (gr.9) word gekies vir die O/19 SA Span wat gedurende Oktobermaand 2018 aan die wêreldbekertoernooi gaan deelneem.

Zandri Bakker (gr.12), Jolize Beukman (gr.12) en Simonè van Reenen (gr.11) word gekies vir die O/19 SA Uitnodigingspan wat ook aan hierdie wêreldbekertoernooi gaan deelneem.

Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie dogters!

FOTO-UITLEG: Simoné van Reenen, Jolize Beukman, Zandri Bakker en Marichelle Visagie