ZWARRIES LAAT DIE REKORDS SPAT!

ZWARRIES LAAT DIE REKORDS SPAT!

Hoërskool Zwartkop se atlete word nie afgeskrik deur ’n rekord nie – selfs nie dié wat al so lank as 20 jaar staan nie.

Gedurende die tuis atletiekbyeenkoms teen Hoërskole Noordheuwel en Menlopark op 26 Januarie, het die Zwarrie-atlete gesorg vir ’n paar uitsonderlike rekords.

Gerhard van Rooyen het die seuns O/19 110m hekkies rekord wat in 1999 opgestel is met ’n tyd van 14:99s gebreek, terwyl Cherelee Miles die 2001 rekord vir dogters O/16 400m hekkies met ’n tyd van 1:07:70s verbeter het. Danica Strydom en Gawie Louw het elkeen sommer twee rekords laat spat vir onderskeidelik dogters O/17 400m hekkies (1:05:06s) asook die 110m hekkies (14:51s) en seuns O/19 400m hekkies (54:90s) en die 400m naellope (49:49s).

Iné Smit het met haar spiesgooi-vernuf ’n rekord van 2015 geskrap met ’n afstand van 42.03m. Caleb Beukes het ’n 20 jaar oue 3000m langafstande rekord verbeter in ’n ongelooflike tyd van 9:13:60. Hierdie rekord is vanaf 1998 deur M. Mans (9:15:60) gehou.

Die dogters O/16 aflosspan het almal aan die gons gehad toe hulle Hoërskool Noordheuwel se 20 jaar oue rekord met ’n tyd van 15:90s verbeter het.

Baie geluk aan elke atleet en afrigter - hierdie rekords getuig van harde werk. Met sulke uitslae kan mens nie anders as om uit te sien na die Interhoër nie.

NAME VIR FOTO-UITLEG: Vlnr: Gawie Louw, Gerhard van Rooyen, Caleb Beukes, Danica Strydom, Cherelee Miles en Iné Smit.