(ZWARRIES)3 BLINK UIT MET SYFERSFOTO-UITLEG: Johannes Conradie; Yanka-Marie Serfontein en Nian Vorster

Drie gr.12-leerders van Hoërskool Zwartkop was uitgenooi om die afgelope week die Gauteng-Noord streek in die 2017 ASSA Suid-Afrikaanse Wiskunde Spankompetisie (voorheen bekend as die Suider-Afrikaanse Interprovinsiale Wiskunde Olimpiade) te verteenwoordig: 

Die Gauteng-Noord spanne het teen ongeveer vyftig ander spanne van Suider-Afrika deelneem.  Hierdie kompetisie het plaasgevind by die Hatfield-kampus van die Universiteit van Pretoria.  Die kompetisie het bestaan uit ‘n vraestel wat leerders individueel moes beantwoord het, asook ‘n vraestel wat deur tien leerders in spanverband beantwoord moes word.  Ons vertrou om eersdaags die uitslae te ontvang.  Hoërskool Zwartkop is voorwaar baie trots op hierdie drie slimkoppe!

FOTO-UITLEG: Johannes Conradie; Yanka-Marie Serfontein en Nian Vorster.