WELKOM BY DIE ZWARTKOP ALUMNI
Die Zwartkop Alumni is gestig om vir oud-leerlinge, -ouers en -onderwysers die geleentheid te bied om deel te bly van hierdie wonderlike skool.
Die behoefte het ontstaan om persone wat vroeër so baie gegee en omgegee het, weer by Zwartkop te betrek. Deur die Alumni kan oud-klasmaats in kontak bly, met mekaar op sosiale en professionele vlak saamwerk en weer ou bande versterk. Die grootste doelwit is om die Zwartkop familie weer bymekaar te trek sodat almal deel kan wees van die skoolgemeenskap en sy aktiwiteite.
Ons sal graag in kontak wil bly met julle asook julle op hoogte hou van wat by die skool gebeur. Twee mediums word gebruik hiervoor, nl. die Zwartkop Alumni Facebook bladsy en die Zwartkop Alumni portal. Gebruik asb. albei deur die Facebook bladsy te volg asook deur te registreer deur die Zwartkop Alumni Portal.
Deur die Zwartkop Alumni Facebook bladsy (gaan like gerus die bladsy) word belangstellendes op datum gehou van gebeurtenisse by die skool. Daar is verskeie geleenthede om die skool se kultuur en sport geleenthede by te woon en betrokke te raak. Facebook is ‘n platform wat gereeld daarvoor gebruik sal word.
Die Zwartkop Alumni Portal
Dit is met groot opgewondenheid dat die Zwartkop Alumni Portal bekendgestel word. Click deur na die bladsy en registreer gerus.
Click hier om te gaan registreer
Die portal word gebruik om die databasis van Alumni-lede te administreer. Deur te registreer word jy deel van die Zwartkop familie en ‘n private netwerk waar lede met mekaar kan kommunikeer en mekaar op professionele vlak kan ondersteun. Dit bied ook die geleentheid om reünies makliker te kan reël en beplan. Lede sal kan aandui in watter aangeleenthede hulle belang stel – of dit kultuur of sport is. Ons sien uit daarna om u weer te verwelkom in die Zwartkop familie.