BERADERS

Hoërskool Zwartkop maak die geestesgesondheid van almal hier verbonde ‘n saak van erns. Ons Hartklop geestesgesondheidsentrum bestaan uit ‘n berader en twee internskap sielkundiges wat Maandae tot Vrydae beskikbaar is om ons leerlinge gratis te ondersteun. Die terapeute se diens sluit in studieleiding en –ondersteuning; beroepsvoorligting en emosionele ondersteuning in die vorm van terapie en/of berading.

Die skool lei jaarliks junior beraders op wat skoliere is met ‘n passie daarvoor om Zwarrie-leerders te ondersteun. Hierdie jong beraders is betrokke by ons Geestesgesondheidweek en hulle ontvang gedurende die jaar opleiding oor tema’s wat relevant is vir hul rol.

Die skool is trots daarop om jeugwerkers van verskeie kerke te hê wat ‘n aktiewe, ondersteunende pad stap saam met leerlinge en personeel.

Geestesgesondheidsentrumbestuurder

Geestesgesondheidsentrumbestuurder

Me Tina Myburgh

Berader

Berader

Me Retha van der Walt

Internskap Sielkundige

Internskap Sielkundige

Me Marlize Labuschagne

Internskap Sielkundige

Internskap Sielkundige

Me Denise Louw

JUNIOR BERADERS 2024
JONG BERADERS Gr. 11 & 12
JONG BERADERS Gr. 9 & 10

Matriek 2023 Onderskeidings

Leerdertal 2024

Zwartkop Personeel 2024